Ministerie ken 4 000 werkspermitte toe

582 aansoeke afgekeur

01 February 2019 | Ministeries
Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het tussen April en Desember verlede jaar 4 165 werkspermitte goedgekeur.

Me. Salome Kambala, die ministerie se woordvoerder, sê hulle het 4 747 aansoeke in daardie tydperk ontvang.

Sy sê 582 aansoeke is weens die nienakoming van die vereistes vir sodanige permit afgekeur.

Onder meer verlang die ministerie dat ’n advertensie van ’n bestaande vakature in ’n plaaslike koerant gepubliseer word, sê sy.

Dit dien die doel om Namibiërs, wat oor die nodige kwalifikasies en ervaring beskik, ’n billike kans te gun om om die betrekking aansoek te doen.

Hiernaas vereis hulle ’n polisieklaringsertifikaat om seker te maak die kandidaat hardloop nie weg van ’n misdadige verlede in hul tuisland nie, het sy bygevoeg.

Die voornemende werkgewer moet ook ’n motivering verskaf oor hoekom die persoon, wat om die permit aansoek doen, die mees geskikte kandidaat is.

’n Amptelike aanbod is ’n verdere vereiste, sê Kambala.

In sommige gevalle verlang die binnelandsesakeministerie ook X-strale om te verseker die kandidaat is medies geskik vir die tersaaklike betrekking.

Volgens Kampala word Namibië toenemend gewilder as ’n werkbestemming.

Gevolglik neem die aantal aansoeke om werkspermitte toe, wat die ministerie jaarliks bereik, sê sy.

Kambala was gister ’n gas op die ontbytprogram Good Morning Namibia op NBC, waartydens sy meer lig gewerp het op hoe die ministerie te werk gaan om werkspermitte uit te reik.

Volgens haar is die meeste kandidate burgers van Zimbabwe, Nigerië, China en Duitsland.

Zimbabwe lewer veral mediese kundiges op, terwyl baie Nigieriese onderwysers Namibië as hul werkstuiste uitsoek.

Die ministerie ken werkspermitte aan Chinese en Duitse burgers toe hoofsaaklik vanweë hul vaardighede in ingenieurswese, het sy gesê.

Kambala sê ’n werkspermit word gewoonlik vir óf 24 maande óf 48 maande toegeken na gelang van die tipe werk of bedryf.

Sou alle dokumentasie gereed en beskikbaar wees, word die aansoek volgens haar binne drie weke verwerk.

Kambala het beklemtoon werkgewers moet ook jong Namibiërs ervaring bied sodat hul vaardighede uitgebrei kan word.

Dit sal die land help om minder op buitelandse kundiges te steun, het sy gesê.

Soortgelyk

 

Hep E: 28 gevalle 'n dag

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtByna 30 nuwe gevalle van hepatitis E is in die laaste week van Julie daagliks oraloor die land aangeteken. Die siekte het boonop die...

Kaalkiekies saai amok aanlyn

6 ure gelede | Misdaad

Denver KistingSo onlangs soos gisteroggend moes die stadspolisie in Windhoek hulle na 'n toneel haas nadat 'n vrou haar lewe probeer neem het weens gelekte...

Die weer vir 8 Augustus 2019

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

Ministerie steek stokkie voor mossel-oes

6 ure gelede | Ministeries

Erwin LeuschnerDie minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gister die oes van witmossels vir kommersiële gebruik verbied. Hy het dit by...

Ma hoop seuntjie leef nog ná 22 jaar ...

6 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Meer as 22 jaar ná ’n negejarige seuntjie van die Kaapse Vlakte van sy ouerhuis verdwyn het, hoop sy ma hy lewe...

Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

6 ure gelede | Howe

font face="Verdana">Die man wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind is aan die moord op twee vroue in Januarie 2016 het gister sy vyfde...

Bekendes belê groot in gasvryheidsbedryf

6 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Die gewildheid van die drie Stellenbosch-restaurante in die Bougainvillea-sentrum in Klein Windhoek – The Stellenbosch Wine Bar, Tasting Room en Market –...

Polisie sing Kalahariwoestyn-lofliedere

6 ure gelede | Polisie

Denver Kisting Sedert die polisie verlede jaar met ander owerhede begin kragte saamsnoer het om misdaad te bestry, het misdaadbedrywighede met nagenoeg 9% afgeneem.So sê...

Lesersfoto's 7 Augustus 2019

6 ure gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 7 Augustus 2019