Ministerie gaan moet opdok

PS sê bedrag nog onbekend

27 February 2018 | Ministeries
Denver Kisting



Teen gistermiddag kon die ministerie van onderwys, kuns en kultuur nog nie sê hoeveel hy moet opdok vir amper drie jaar se aansporingsbetalings vir gekwalifiseerde onderwysers nie.

Me. Sanet Steenkamp, die permanente sekretaris (PS) van dié ministerie, het gesê hulle is nie die werkgewer nie en die eerste minister se kantoor behoort vrae oor die finansiële las van verlede week se arbeidshofuitspraak te lewer.

Adjunkregterpresident Hosea Angula het verlede week die Namibië Nasionale Onderwysers­vakbond (Nantu) gelyk gegee dat eise om aan­sporingsbetalings vir gekwalifiseerde onderwysers wel geldig is.

Dié eise spruit uit twee ooreenkomste tussen Nantu en die ­Namibiese regering wat onder­skeidelik op 23 Januarie 2009 en 8 November 2017 gesluit is.

Luidens die hofuitspraak is die interpretasie van die twee ­kontrakte bepalend.

Die uitspraak meld voorts dat die kantoor van die eerste ­minister op 11 September 2009 'n dokument uitgereik het wat drie aansporingsbetalings­kategorieë uiteensit – N$1 750, N$1 150 en N$750 onderskeidelik per ­gekwalifiseerde onder­wyser per maand afhangend van hul vlak van kwalifikasie.

Die hof moes beslis of die aansporing vir gekwalifiseerde onderwysers in 2009 'n bepaling en voorwaarde van hul diens­kontrak geword het en, sou dit wel die geval wees, of hierdie voorwaardes eensydig gewysig kon word deur die bekendstelling van die afgeleënheidstoelaag in 2012.

Indien die aansporing nie deel van onderwysers se ­dienskontrak geword het nie, moes die hof bepaal of die toelaag met die koms van die 2012-ooreenkoms verval het en indien nie, of die regering hulle terugwerkend van 1 April 2015 moet uitbetaal.

Angula het bevind die 2012-ooreenkoms het nie dié van 2009 verander of vervang nie.

“Die hof het dus in die guns van die appellante bevind dat die ­aansporing vir ­gekwalifiseerde onderwysers steeds geldig is en verskuldig is aan sodanige ­onderwysers.”

Steenkamp het gister gesê sodra hulle met die kantoor van die eerste minister beraadslaag het, sal sy meer klarigheid kan verskaf.

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

1 dag gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

1 dag gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

1 dag gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...