Ministerie druip oudit

Te min personeel, te veel pasiënte

16 June 2017 | Ministeries
Henriette Lamprecht



Te min gesondheidswerkers, gestaakte uitreikaksies, geen of vervalle akkommodasie vir mediese personeel op die platteland en 'n gebrek aan ten volle toegeruste ambulanse en bestuurders.

Dít is van die bevindinge van 'n prestasie-oudit op die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS).

Die verslag deur die ouditeur-generaal dek die tydperk tussen 2012 en 2015.

Hiervolgens vertraag die gebrek aan spaaronderdele en tegnici die instandhouding van mediese toerusting, terwyl sommige ambulanse weens die hoë aantal kilometers dikwels tot stilstand stotter.

Sale in hospitale en klinieke laat ook meer pasiënte toe as wat hulle kan akkommodeer. Pasiënte het geen ander opsie as om by tye op vloere, in gange, in stoorkamers of selfs in die kafeteria te slaap nie. Afgesien daarvan dat dit tot 'n “mengsel van pasiënte met verskillende siektes” lei, het dit ook swak gesondheidsdienste tot gevolg.

Volgens die verslag frustreer die diensleweringsproses pasiënte én personeel. Veral die lang rye waarin pasiënte moet wag voordat hulle behandeling ontvang, veroorsaak frustrasie. Die verslag sê personeeltekorte word veroorsaak deur 'n gebrek aan plaaslike gesondheidslui.

Die lang wagtydperk vir die uitreiking van 'n werkspermit aan buitelandse personeel het wel verbeter met die bekendstelling van 'n werkersvisum waarvan die wagtydperk drie maande is.

Onvoldoende akkommodasie op die platteland ontmoedig gesondheidswerkers ook om hier vir poste aansoek te doen.

Die tekort aan mediese toerusting, instrumente en spaaronderdele vir herstelwerk, asook onvoldoende vervoer vir pasiënte in veral afgeleë gebiede, plaas 'n reusedemper op die verskaffing van optimale gesondheidsorg.

Volgens die verslag is die hoogste afstandlesing vir 'n ambulans in die Otjozondjupastreek aangeteken as 695 661 km.

'n Ambulans by die Katutura-staatshospitaal se afstandmeter het op 349 795 km gestaan.

Veral in die afgeleë noordelike gebiede beskik sommige distrik­sentrums oor geen vervoer nie en moet daar by die distrikshospitaal aangeklop word om pasiënte te vervoer.

Dikwels is daar egter geen ambulanse of bestuurders hiervoor beskikbaar nie.

Oor die gebrek aan hospitaalbeddens sê die ministerie dit is nie iets wat verhoed kan word nie.

Volgens die verslag moet bevolkingsgrootte in ag geneem word wanneer gesondheidswerkers na verskillende gesondheids­geriewe uitgeplaas word sodat lang wagtydperke vir pasiënte vermy kan word. Volgens pasiënte wag hulle tussen een en drie ure by veral distriks- en verwysingshospitale om 'n dokter te sien.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se maatstaf bepaal dat 2,5 gesondheidswerkers vir 'n 1 000 inwoners beskikbaar moet wees. Verskeie klinieke in die land is ver onder dié standaard.

Danksy ernstige personeeltekorte is daar by die Orwetoveni-kliniek ses gesondheidswerkers vir 37 854 inwoners, by die Donkerhoek-kliniek vyf vir 33 245 inwoners, by die Hakana-kliniek sewe vir 35 565 inwoners, by die Katutura HC-kliniek 61 vir 99 738 inwoners en by die Robert Mugabe-kliniek 11 vir 73 450 inwoners.

Soortgelyk

 

Chinees van dieremishandeling aangekla

5 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Klag van dieremishandeling is deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Windhoek teen die eienaar van 'n Chinese konstruksiemaatskappy, Orient Dragon Construction (ODC),...

'Moenie in Kavango visvang'

5 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Weens die uitbreking van miltsiekte in die Bwabwata Nasionale Park word die publiek gewaarsku om nie in die Kavangorivier vis te vang,...

Emotional intelligence = higher salary?

5 ure gelede | Onderwys

While IQ remains a very strong predictor of career success, research suggests that people with high emotional intelligence (EI) are more likely to have higher...

Nou aan die gang

5 ure gelede | Kuns en vermaak

» Namkid, in samewerking met die FNCC, bied met trots die Sosiale Splash-veldtog aan. Hierdie veldtog fokus daarop om Namibiërs te verenig en om saam...

Analysing the finance industry

5 ure gelede | Onderwys

Shona NgavaAgapitus Ipinge is an Investment Banking Analyst from Standard Bank, as a prerequisite is to make sure that he talks to company executives and...

NSFAF-begroting geblaas

5 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Me. Erica Shafudah, permanente sekretaris van finansies, sê die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) het reeds met dié week se beskikbaarstelling...

Weer vir 20 Oktober 2017

5 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Dit sal koel in die /Kharasstreek in die oggend wees. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste met enkele donderbuie...

What Soft Skills Do PR Specialists Need?

5 ure gelede | Onderwys

Those who want to work as public relations specialists should have these soft skills, which are attributes one is either born with or gains through...

Phoniker Orchestra sweef deur dekades

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Die bekende Namibiese groep The Phoniker Orchestra gaan die Warehouse-teater se verhoog met bekende internasionale treffers van die afgelope vyf dekades inkleur.Gehore kan uitsien...