Ministerie beweeg na elektroniese stelsel
Ministerie beweeg na elektroniese stelsel

Ministerie beweeg na elektroniese stelsel

Die huidige verifiëringsproses van pasiënte se rekords is langdradig en omslagtig.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die voorsiening van gehalte-gesondheids- en maatskaplike welvaart word ondersteun deur toeganklike en akkurate data wat betyds beskikbaar is om besluite oor strategiese ingrypings te neem.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is mediese rekords van staatspasiënte papiergebaseer wat die verifiëringsproses volgens hom “lank en omslagtig” maak.

Shangula was aan die woord tydens die bekendstelling van die nasionale E-health-strategie 2021-’25 wat in die Harambee-welvaartsplan voorsiening maak vir elektrisiteitsverskaffing aan alle openbare gesondheidsgeriewe sowel as die verskaffing van internetverbindings by ten minste 70% van gesondheidsgeriewe.

Danksy die vinnige ontwikkeling van inligting- en kommunikasietegnologie is dit nou egter volgens die minister moontlik om data betyds te gebruik vir voldoende beplanning en die toekenning van hulpbronne.

“Die implementering van die strategie is daarom ’n inisiatief wat nie net die bestaande stelsel waar mediese rekords per hand ingevul word na ’n elektroniese een verander nie, maar ook ’n verandering in die manier waarin gesondheidsverwante inligting ingesamel, gedeel en oorgedra word,” het Shangula gesê.

Volgens die minister sal dit gesondheidswerkers in staat stel om inligting oor ’n pasiënt vinnig, veilig en betroubaar oor geografiese grense te verkry.

“Op dié manier sal die strategie die gekoördineerde implementering van verskeie inisiatiewe ondersteun om die lewering van gesondheidsorg te verseker.”

Om die suksesvolle implementering van die strategie te verseker, het Shangula beklemtoon die infrastruktuur moet hoëspoed-internetverbindings tussen geriewe verseker.

Met verwysing na die Covid-19-pandemie het die minister gesê ten spyte van beperkings op aangesig-tot-aangesig-vergaderings is dit moontlik om virtuele te vergader danksy kommunikasietegnologie.

“Dis nou moontlik om ’n dokterskonsultasie virtueel te doen. Dis nou moontlik vir ’n dokter om medikasie voor te skryf en vir die pasiënt om dit by die apteek af te haal sonder om fisiek die dokter te sien.”

Volgens Shangula sal e-Health die ministerie in staat stel om pasiënte oor ’n afstand te konsulteer en te bestuur.

“Ons kan pasiënte se rekords sodoende bestuur en beskikbaar stel waar dit vereis word.”

Die stelsel word deur die Amerikaanse president se noodfonds vir vigsverligting (Pepfar), die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC), die Amerikaanse agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (Usaid), die Universiteit van Namibië (Unam), sowel as die Namibiese universiteit vir wetenskap en tegnologie (Nust) ondersteun. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!