Minister wei uit oor landbou se begroting

Toewysings aan sektor daal met 1,7%

06 May 2019 | Ministeries
Elvira Hattingh



Altesaam 25,3%, of N$494,8 miljoen, van die ministerie van landbou, water en bosbou se ontwikkelingsbegroting sal vir die ontwikkeling van die Namibiese ­watersektor ingespan word.

N$242 miljoen sal vir die konstruksie van waterverskaffingsinfrastruktuur gebruik word. Dit sluit in om 'n loodsaanleg vir die herwinning van ­rioolwater by Gammams in Windhoek deur die Windhoekse munisi­paliteit te bou, asook NamWater se uitbreiding van die Oshakati- en Rundu-­watersuiweringsaanlegte.

Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het Dinsdag die landboubegrotingspos aan die parlement voorgelê.

Ondanks die feit dat meer as N$1,9 miljard vir die 2019-'20-boekjaar aan die ministerie toegestaan is, het !Naruseb sy teleurstelling ­uitgespreek dat al hoe minder geld uit die ­begroting jaarliks aan dié sektor toegestaan word.

“Hierdie begroting gaan om die basiese behoeftes van mense, naamlik brood-en-botter-kwessies, kos en water, waarsonder die lewe tot 'n ­stilstand sal kom.

“Toewysings aan die noodsaaklike sektor van die ekonomie het gedaal van 'n gemiddeld van 4,6% oor die ­afgelope 11 jaar tot die huidge 2,9% van die nasionale begroting.

“Dit is in teenstelling met Namibië se verbintenis wat betref die raamwerk vir die Volhoubare Ontwikkeling- agenda 2030, asook die Omvattende Afrika-landbouontwikkelingsprogram (CAADP), soos uiteengesit in die Maputo- en Malabo-verklarings.



BEDRYFSKOSTE

“Hiermee het ons onsself daartoe verbind om nie minder as 10% van die nasionale begroting aan landbou toe te staan nie,” het hy gesê.

!Naruseb het gesê sowat N$948 miljoen, of 48%, van die totale ­begroting is vir bedryfskoste geoormerk, terwyl die res, 'n rapsie meer as N$1 miljard, oftewel 52%, van die begroting in die ontwikkelings­begroting gebruik sal word.

!Naruseb het gesê net sowat 21,8% van die bedryfsbegroting, of N$427 miljoen, sal vir die ontwikkeling van die landbousektor ingespan word. N$98 miljoen moet vir die ­ministerie se landboumeganisasie- en saadverbeteringsprojek (Namsip) gaan, en N$293 miljoen vir onder meer Groenskema-projekte.

Dit sluit in die ontwikkeling van die Neckartaldam Fase 2 Besproeiingsprojek, die verwerking en bemarking van vars produkte, sowel as die toepassing van maatreëls om klimaatsverandering teen te werk.

!Naruseb het ook aangedui dat meer as N$35 miljoen toegestaan is vir die voltooiing van veeartsenyklinieke, asook akkommodasie vir ­amptenare landswyd.

“N$22 544 000, of 1,2%, is geoormerk vir die ontwikkeling van die bosbousektor, en N$66 082 000, of 3,4%, is vir toesighoudende en ondersteuningsdienste toegewys,” het hy gesê.

Soortgelyk

 

Hep E: 28 gevalle 'n dag

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtByna 30 nuwe gevalle van hepatitis E is in die laaste week van Julie daagliks oraloor die land aangeteken. Die siekte het boonop die...

Kaalkiekies saai amok aanlyn

3 ure gelede | Misdaad

Denver KistingSo onlangs soos gisteroggend moes die stadspolisie in Windhoek hulle na 'n toneel haas nadat 'n vrou haar lewe probeer neem het weens gelekte...

Die weer vir 8 Augustus 2019

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

Ministerie steek stokkie voor mossel-oes

3 ure gelede | Ministeries

Erwin LeuschnerDie minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gister die oes van witmossels vir kommersiële gebruik verbied. Hy het dit by...

Ma hoop seuntjie leef nog ná 22 jaar ...

3 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Meer as 22 jaar ná ’n negejarige seuntjie van die Kaapse Vlakte van sy ouerhuis verdwyn het, hoop sy ma hy lewe...

Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

3 ure gelede | Howe

font face="Verdana">Die man wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind is aan die moord op twee vroue in Januarie 2016 het gister sy vyfde...

Bekendes belê groot in gasvryheidsbedryf

3 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Die gewildheid van die drie Stellenbosch-restaurante in die Bougainvillea-sentrum in Klein Windhoek – The Stellenbosch Wine Bar, Tasting Room en Market –...

Polisie sing Kalahariwoestyn-lofliedere

3 ure gelede | Polisie

Denver Kisting Sedert die polisie verlede jaar met ander owerhede begin kragte saamsnoer het om misdaad te bestry, het misdaadbedrywighede met nagenoeg 9% afgeneem.So sê...

Lesersfoto's 7 Augustus 2019

3 ure gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 7 Augustus 2019