Minister vat Shoprite aan
Die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Erkki Nghimtina, het vanoggend die Shoprite/Checkers-groep oor werksomstandighede, teenstand teen vakbonde en die voortgaan van dissiplinêre klagtes teen meer as 100 werkers in Windhoek aangevat.
“Shoprite is teensinnig om dít voorgeskryf is, toe te pas. Dus moedig ek Shoprite sterk aan om ? nuwe blaadjie rakende arbeidsverhoudinge in Namibië om te slaan,” het Nghimtina gesê.
Hy het gevra vir ‘n skikking tussen die partye wat wedersyds aanvaarbaar is sodat die werkers nie afdanking in die gesig staar nie.
Die permanente sekretaris van die ministerie, mnr. Bro-Mathew Shinguadja, was aan die minister se sy tydens die nuuskonferensie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie