Minister van onderwys: afskaffing van gratis onderwys is ‘leuens’
Die minister van onderwys, me. Katrina Hanse-Himarwa, het vanmiddag laat aan Republikein gesê beweringe dat president Hage Geingob Saterdag by Swapo se sentrale komitee-vergadering voorgestel het dat gratis onderwys afgeskaf word, is “leuens” en “vuil politiek”.
Hierdie storie sirkuleer op sosiale media en het reeds groot reaksie veroorsaak, maar is volgens Nampa het Staatshuis self en Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, dit as polities gemotiveerde “fopnuus” verwerp.
Na bewering sou Geingob gesê het daar is nie meer geld vir gratis onderwys nie en dat skoolfonds heringestel moet word. Hy sou glo ook opgemerk het dat wyle dr. Abraham Iyambo as minister van onderwys met die idee van gratis onderwys gekom het, terwyl die huidige staatshoof self van mening was die regering het nie geld daarvoor nie.
Volgens Hanse-Himarwa, self ‘n lid van Swapo se sentrale komitee, was daar geen agendapunt oor onderwys nie. Die debat het volgens haar in reaksie op die sekretaris-generaal se verslag begin, waarin daar volgens haar ook geen verwysing na onderwys was nie.
Hanse-Himarwa erken wel dat komiteelede toe in die algemeen oor probleme in onderwys en die gebrek aan geld by skole begin debatteer het. Die minister sê sy het hierop haar standpunt gestel en aangevoer dat onderwys in wese nog altyd verniet was.
“Die regering bou nog altyd skole, betaal onderwysers, koop handboeke en skryfbehoeftes en betaal vir water en elektrisiteit,” het die minister gesê.
“Die besluit oor gratis onderwys is deur die regering geneem en dit kan nie deur die sentrale komitee omgekeer word nie. Dit is ook ‘n grondwetlike waarborg.
“Laat ouers die bietjie bydra wat hulle kan sodat skole iets ekstra kan doen,” het Hanse-Himarwa benadruk. “Buitemuurs, soos sport, is iets waarvoor ons nie met die subsidie kan betaal nie.”
“Dit is leuens om die president te diskrediteer,” voer die minister aan. “Hy is nie iemand wat dom uitsprake oor ander (Abraham Iyambo) sal maak nie.”
Mnr. Nahas Angula het volgens Hanse-Himarwa ook aangevoer dat die regering die boodskap sterkter moet uitdra dat ouers wel ‘n bydra moet lewer.
Volgens die minister was gratis onderwys in alle geval nie Iyambo se idee nie, maar ‘n grondwetlike beginsel wat die regering moes uitvoer. Sy weet nie hoekom sommige lede van die sentrale komitee of andere hulself aan “dom karakterskending” skuldig maak nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie