Minister trek skouers op

Tuindorp steeds sonder raad

29 January 2019 | Regering
Denver Kisting en Mariselle Stofberg – Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, sê Swapo moet die Okahandja-gemors uitsorteer.

Dinge het die afgelope naweek opnuut op die tuindorp handuit geruk toe inwoners glo grond onwettig beset het.

Hoogdrama heers sedert November verlede jaar toe me. Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van die regerende party, gelas het ’n nuwe raad moet aangewys word.

Shaningwa se bevel is geïgnoreer en ’n poging om ’n verkiesing te hou, het in ’n chaos ontaard.

In die lig van toenemende onrus op die tuindorp wou Republikein gisteroggend by Mushelenga hoor wat die weg vorentoe is.

Hy het die skuld vir die probleme voor sy party se deur gelê. “Die afwesigheid van dorpsleierskap by Okahandja spruit uit die raadslede se versuim om amptenare te verkies kragtens die bevel van die party wat hulle ontplooi het. Die party, en nie die ministerie nie, hanteer kwessies oor amptenare.”

Mushelenga het wel toegegee sy ministerie het tog ’n rol om te speel in die voortslepende sage.

Hy sê die ministerie monitor algehele prestasie van plaaslike owerhede en gee opdragte aan raadslede oor kwessies rondom die nakoming van bestuursake.

Hy het geen woord gerep oor die beweerde onwettige grondbesetting nie.

Intussen hoop die frustasie onder inwoners op omdat die afwesigheid van ’n raad ontwikkeling op Okahandja pootjie.

Mnr. Pieter Mostert, een van die inwoners, sê hy het nog geen terugvoering ontvang oor planne om ’n erf te onderverdeel nie. “My planne is reeds verlede jaar Junie by die munisipaliteit ingedien, maar ek wag al meer as ses maande op terugvoering van die munispaliteit.”

Hy sê voorts: “Ek word gedreig dat ek nie na die media toe mag gaan nie, maar met wie anders kan ek praat? As ek moet wag op antwoorde van die munisipaliteit sal ek nog bankrot speel,” sê Mostert.

Hy sê hy sukkel al vir maande om antwoorde uit die dorpsraad te kry. “Ek is heeltemal in die duister, en ek ly finansiële skade omdat ek nie kan voortgaan met enige van my projekte nie.”

Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het intussen ook sý stem dik gemaak.

In ’n verklaring wat laat verlede week uitgereik is, eis die PDM dat Mushelenga, Shaningwa en die voormalige Swapo-raadslede vergader om die onderlinge onenigheid te bespreek.

Volgens die PDM is dit dié struwelinge wat verhoed dat spesifiek die Okahandja-dorpsraad behoorlik kan funksioneer.

Mnr. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, sê inwoners verduur tans onregverdige behandeling weens onenigheid onder raadslede. “Dit is onaanvaarbaar dat interne Swapo-rusies die dienslewering van belastingbetalers negatief beïnvloed.”

Shaningwa het gistermiddag gesê sy is in ’n vergadering en kon nie die koerant te woord staan nie. Sy het eweneens nie op ’n WhatsApp-boodskap oor die Okahandja-gemors geantwoord nie.

Soortgelyk

 

Kalahariwoestyn keer terug

12 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

12 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

12 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

12 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

12 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

12 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

An update for the design icon

12 ure gelede |

Familiarly known as Audi’s design icon, the Audi TT’s third generation takes the stage with a facelifted appearance: sporty and refined exterior design, higher-powered engines...

'Elke druppel tel'

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...