Minister sluit Educare se deure
Minister sluit Educare se deure

Minister sluit Educare se deure

Enkele dae nadat ’n onwettige skool in Windhoek ’n ministeriële opdrag gekry het om sy deure te sluit, is ouers gevra om hier vir direkteursposte aansoek te doen.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die minister van onderwys, kuns en kultuur het Vrydag skriftelik instruksie gegee dat Educare Windhoek sy deure moet sluit.

Die opdrag om “alle werksaamhede van die skool” te staak, tree met die ontvangs van die brief in werking. Die skool het Vrydag vir die ontvangs geteken.

Minister Katrina Hanse-Himarwa het ook opdrag gegee dat Educare Windhoek alle vooruitbetalings deur ouers en voogde vir inskrywings van leerlinge vir aanstaande jaar moet terugbetaal. Skoolgelde vir aanstaande jaar is met 17% deur die skool verhoog.

Alle rolspelers moet voorts ook van die skool se sluiting in kennis gestel word. Die ministeriële opdrag kom in terme van bepaling 46 (a) – (b) en 47 (1) van die onderwyswet.

Educare Windhoek is sedert die skool sy deure geopen het, nooit by die ministerie geregistreer nie en is gevolglik onwettig bedryf. In terme van die onderwyswet word ’n private skool verplig om die skool in terme van bepaling 41 as sulks te registreer, alvorens onderrig deur enige persoon by die skool verskaf word.

Intussen het die permanente sekretaris, me. Sanet Steenkamp, beklemtoon dat leerlinge van die skool wat nou ’n ander heenkome moet soek, se toekoms nie verby is nie.

“Almal het ’n duur les geleer, maar al het die leerlinge dalk ’n jaar verloor, het hulle nie hul toekoms verloor nie.”

Sy het ouers aangemoedig om kinders weer te probeer terugplaas by skole waar hulle as leerlinge ingeskryf was vóór hulle by Educare Windhoek ingeval het.

Steenkamp het voorts ’n beroep op ouers gedoen om aan te dring op ’n registrasiesertifikaat van die ministerie, alvorens leerlinge ingeskryf word.

“Dié sertifikaat is ’n waarborg en stempel van goedkeuring dat jou kind in goeie hande is.”

Sy het beklemtoon dat die ministerie se deur oop is vir ouers en leerlinge van Educare Windhoek.

“Ons hart lê by die ouers en die kinders.”

In ’n skrywe wat Maandag aan ouers van leerlinge aan die skool uitgereik is, het Educare Windhoek egter probeer om die skool aan ouers, grootouers en voogde te verkoop.

Tydens ’n vergadering van die skoolraad verlede Dinsdag het die huidige hoof uitvoerende beampte, mnr. Wihan Brand, die skool “aan die ouers aangebied om oor te neem”. Die voorsitter van die skoolraad, mnr. Wessel Burger, het egter gevoel dié besluit berus by die ouers. Donderdag is tydens ’n vergadering met rolspelers besluit om twee opsies aan ouers te bied.

Volgens die eerste opsie (Artikel 21-maatskappy) maak alle huidige ouers/grootouers/voogde ’n eenmalige betaling van N$10 000 aan Brand om sy belegging in Educare Windhoek uit te koop. Alternatiewelik kan agt beleggers elk N$450 000 aan Brand oorbetaal om hom uit te koop.

Die tweede opsie (vereniging sonder winsgewende doel) behels ’n raad van nege direkteure wat deur die huidige skoolraad aangewys word. Die direkteure sluit in ’n rekenmeester, regsadviseur, menslike hulpbronne-bestuurder, sportbestuurder, swart bemagtigings of politieke raadgewer (senior politikus of gemeenskapsleier) ’n bestuurder vir inligtingstegnologie, sowel as hoofde vir die primêre en sekondêre skool in. Vereistes vir die direkteure sluit die gepaste kwalifikasies en ondervinding in. Die hoof uitvoerende beampte moet ’n meestersgraad in sakebestuur met ’n minimum ondervinding van vyf jaar hê. Vir dié opsie bly Brand aan as hoof uitvoerende beampte.

Ook moet die direkteure ’n “lid van die skool wees, met skoolgelde wat ten volle vereffen is”. Sou daar nie aan die vereistes voldoen word nie, kan die raad van direkteure persone op ’n ad hoc-basis aanwys. Die aangewese persone het egter nie stemregte nie.

Tydens die vergadering met rolspelers het 78 ten gunste van opsie twee gestem met Brand wat as hoof uitvoerende beampte aanbly. Kennis is ook gegee dat Educare Windhoek na ’n vereniging sonder winsgewende belang verander in afwagting op die skool se nuwe registrasie as private skool by die ministerie.

Die skrywe aan ouers dien ook as ’n “amptelike bevestiging aan ouers oor die toekoms van die skool”. Ouers word ook aangemoedig om so gou as moontlik vir die direkteursposte aansoek te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.38/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.52% | Zinc US$ 2 857.40/T UP 1.8% | Brent Crude Oil US$ 87.95/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 904.66/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.38/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.52% | Zinc US$ 2 857.40/T UP 1.8% | Brent Crude Oil US$ 87.95/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 904.66/OZ UP +0.28%