Minister sê hulle gaan swaar trek

DIE bedrag van N$225,6 miljoen wat vir die volgende drie jaar aan die Ministerie van Binnelandse Sake en Immigrasie vir bedryfsuitgawes in die rollende begroting bewillig is, gaan dit moeilik maak om die standaard van dienslewering te handhaaf.
Me. Rosalia Nghidinwa, Minister van Binnelandse Sake en Immigrasie, het in haar motiveringstoespraak in die Nasionale Vergadering gesê haar Ministerie se begroting vir bedryfsuitgawes wat vanjaar N$76,9 miljoen beloop, is N$1 miljoen minder as verlede jaar s'n en gaan aanstaande jaar met nog N$4,5 miljoen besnoei word.
Dit gaan volgens haar vernuwende denke verg om die standaard van die Ministerie se diens met dié begroting te handhaaf - om nie eens te praat van enige verbeteringe nie.
Me. Nghidinwa het die Nasionale Vergadering versoek om haar Ministerie se begroting van N$94,4 miljoen vir vanjaar goed te keur.
Om te verseker dat die wagperiode vir die uitreiking van nasionale dokumente verminder en dat 'n doeltreffende diens in alle streke gelewer word, sê me. Nghidinwa sal die Ministerie tydens die 2006/2007 finansiële jaar N$54,6 miljoen nodig hê.
Sy sê die Ministerie doen alles in sy vermoë om die wagtydperk vir die uitreiking van identiteitsdokumente van sowat twee jaar tot net 24 dae te verminder.
Met die hulp van personeel van die Ministeries van Verdediging en Veiligheid en Sekuriteit is 55 957 van die 88 859 voltooide ID-kaarte verlede jaar afgehaal. Vanaf April verlede jaar tot Maart vanjaar is 'n totaal van 99 665 ID-kaarte deur die Ministerie vervaardig.
Me. Nghidinwa sê die Ministerie streef daarna om alle geboorte-, huwelik- en doodsertifikate na 'n elektroniese formaat oor te skakel. Dié projek het 'n goeie hupstoot gekry met die Verkiesingskommissie se skenking van 75 rekenaars terwyl 'n ooreenkoms reeds met Suid-Afrika aangegaan is om rekords van huwelike wat nog in Suid-Afrika is, na Namibië oor te plaas.
Om die inklaringsproses by grensposte te versnel, het die Minister N$35,6 miljoen nodig. Me. Nghidinwa sê haar Ministerie is in die proses om 'n geïntegreerde grensbeheerstelsel in te stel.
Tussen Januarie en Desember verlede jaar het immigrasiebeamptes 1,3 miljoen mense by alle ingangspunte hanteer terwyl 1,2 miljoen mense wat tydens dieselfde tydperk uit die land vertrek het, deur die Ministerie se hande gegaan het.
Met die oog op die Wêreldbekertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied gaan word, is dit volgens me. Nghidinwa noodsaaklik dat die beheer by grensposte van Namibië ook so vlot moontlik moet verloop. Die geïntegreerde beheerstelsel sal volgens haar vinniger deurgang van passasiers verseker en 'n verkorte wagtydperk vir paspoorte en permitte meebring.
Sy het ook daarop gewys dat die Ministerie reeds die wagtydperk vir paspoorte van 100 dae tot sewe dae verminder het en dat hy reeds daarin kon slaag om 'n paspoort in net drie dae uit te reik. Sedert April verlede jaar is 'n totaal van 33 290 paspoorte uitgereik.
Die doelwit vir die huidige finansiële jaar is om die uitreiking van permitte ook te bespoedig. 'n Bedrag van N$1,2 miljoen is vir die volgende finansiële jaar nodig vir administrasie ten opsigte van vlugtelinge terwyl me. Nghidinwa N$2,9 miljoen vir wetenskaplike forensiese dienste aanvra.

Soortgelyk

 

Verhoorafwagtendes ontsnap uit selle by Osire

23rd of April 12:03 | Misdaad

Vier verhoorafwagtendes wat van onwettige jag aangekla is, het Maandagoggend uit die aanhoudingselle van die Osire-polisiekanktoor ontsnap.Die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die...

Arandis-slagting: Verdagte vas

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 57-jarige man sal na verwagting vanmiddag in die Swakopmund-landdroshof op twee klagte van moord verskyn.Ofskoon adj.komm. Erastus Iikuyu, die koördineerder van...

Arandis-moorde: Polisie soek hulp

11 ure gelede | Polisie

Augetto Graig - Die polisie soek hulp met die opspoor van die aanvaller of aanvallers in die dubbele moord by Arandis verlede Maandag.Mnr. Eckhart Mueller...

Regering kan nie Erindi beskostig

11 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Die regering het nie die geld om die private wildreservaat Erindi te koop nie.Só het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr....

Stadsbye nou plaasbye

11 ure gelede | Omgewing

Die Namibiese byeboer mnr. Roland zu Bentheim het onlangs 'n jong swerm bye uit 'n boom in Sam Nujomarylaan in Windhoek verwyder. Hy skat die...

Verbygangers help lewens red

11 ure gelede | Ongelukke

Augetto Graig - Die B1-hoofweg tussen Otjiwarongo en Okahandja het Vrydagoggend die eerste padslagoffer van die Paasnaweek, mnr. Titus Makili (51), geëis.Verbygangers het die ander...

Weer vir 23 April 2019

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie oor die Sentrale Noorde, maar geïsoleerde donder­buie in die Noordooste en Ooste. Winderige toestande...

Chinese ambassadeur slaan vure dood ná moord

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die Chinese ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, het sy skok uitgespreek oor die moord op 'n Namibiese man in die Andara-nedersetting...

Goeie nuus vir voornemende studente

11 ure gelede | Onderwys

Mariselle Stofberg - Windhoek Gimnasium is aanvaar as 'n venue in Namibië waar voornemende studente hul nasionale gereedheidstoetse (NTB) kan aflê.“Dit beteken dat ons geen...