Minister, polisiehoof gedagvaar

'n Swakopmunder vra die hof om die polisiehoof en veiligheidsminister aan minagting skuldig te bevind.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj.(afgetree) Charles Namoloh, moet eersdaags verduidelik hoekom hy glo ’n hofbevel verontagsaam.

Die hoërhof word voorts gevra om Namoloh en die inspekteur-generaal van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, aan minagting van die hof skuldig te bevind.

Dít kom nadat die regering hom glo reeds die afgelope maand afvee aan ’n streekshofbevel ingevolge waarvan bykans N$650 000 aan ’n Swakopmunder terugbetaal moet word.

Naas Namoloh en Ndeitunga dagvaar mnr. Ahmed Mohamed Rashed die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, en die Bank of Namibia (BoN).

Rashed, ’n inwoner van Tamariskia in Swakopmund, sê in ’n beëdigde verklaring hy soek niks van die BoN en Imalwa nie.

Hy lys hulle egter as aanvullende partye tot die geding vir enige belang wat hulle dalk in die saak mag hê.

Rashed vra in die dringende aansoek dat die hoërhof Ndeitunga en Namoloh moet verplig om aan ’n streekshofuitspraak gehoor te gee.

Ingevolge dié uitspraak van streekslanddros Ileni Velikoshi van 28 Maart moet die polisie N$642 580 terugbetaal, waarop meer as vier jaar gelede beslag gelê is.

Rashed vra ook dat al vier die respondente pa moet staan vir die koste van die hoërhofgeding.

Agtergrond

Hy sê hy is op 6 Desember 2013 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangekeer en aangekla ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad en regulasies wat met die beheer op buitelandse valuta verband hou.

Luidens hofstukke het Rashed die geld op hom gedra toe hy ’n vlug na Egipte via Suid-Afrika wou haal.

Nadat polisiebeamptes hom gevra het of hy geld in sy besit het, het hy erken hy het kontant in sy besit, is tydens sy verhoor getuig.

Hy het ’n week in aanhouding deurgebring voor borgtog aan hom toegestaan is.

Volgens hom het hy deurgaans volgehou hy is onskuldig – ’n standpunt wat verlede maand deur die streekshof bekragtig is. “Ek het die uitspraak verwelkom, nie net omdat ek vrygespreek is nie, maar omdat die hof ook gelas het die geld wat van my gekonfiskeer is, moet aan my terugbesorg word.”

Streekslanddros Velikoshi het bevind die staat kon nie bewys Rashed het die geld uit onwettige bedrywighede gemaak nie.

Rashed het uit die staanspoor gesê hy verdien sy brood deur onder meer vloermatte, komberse, gordyne en eetgerei te verkoop.

Rashed sê hy het in 2008 na Namibië verhuis. “Dit is ’n besluit waaroor ek nie spyt is nie. Namibië is ’n vredeliewende land en was tot dusver ’n goeie tuiste vir my en my gesin. Ek is al vir nege jaar gelukkig getroud met ’n Namibiër en ons was gelukkig om met twee pragtige kinders geseën te word.”

Die dringende aansoek sal Maandag 14 Mei voor regter Thomas Masuku dien nadat vroeër vandeesweek uitgestel is.

Rashed sê in hofstukke die dringendheid is geskoei op die voortslepende minagting deur staatsamptenare. “’n Voortdurende onwettigheid of minagting van die hof, meer spesifiek verontagsaming van ’n uitspraak, is volgens my regsadvies voldoende gronde vir dringendheid.”

Hiernaas sê hy in sy beëdigde verklaring, wat op 23 April in Swakopmund afgelê is, die gedrag van die regering sal waarskynlik die administrasie van geregtigheid in gedrang bring.

Voorts sê hy dit was toe reeds 24 kalenderdae sedert die streekshofuitspraak en verskeie pogings om sy geld van die regering te kry, het tot dusver misluk.

Namoloh, Ndeitunga en Imalwa het intussen aangedui hulle gaan die aansoek teenstaan.

’n Regeringsprokureur is aangestel om hulle te verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.05/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.73% | Zinc US$ 2 804.60/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 903.14/OZ DOWN -0.0074 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.05/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.73% | Zinc US$ 2 804.60/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 903.14/OZ DOWN -0.0074