Minister ongedeerd ná ongeluk
Die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, is ongedeerd ná hy vandag in 'n ongeluk naby Grootfontein was.
Die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek, ao. Maureen Mbeha, het die ongeluk bevestig. Tweya se private voertuig het op die B8-pad in die Grootfontein-distrik omgeslaan.
“Die minister was alleen in sy Toyota Land Cruiser en is ongedeerd,” het Mbeha gesê.
Hy sou ‘n mediese fasiliteit op Grootfontein vir 'n mediese ondersoek besoek.
Die minister het was vanaf Rundu onderweg toe die ongeluk omstreeks 12:15 sowat 35 km vanaf Grootfontein gebeur het.
Die polisieondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie