Minister besoek Suide-skole
'Ouers moet meer betrokke wees.'
Augetto Graig
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het vroeg vandeesweek kinders, ouers en onderwysers by skole in Lüderitz en omgewing besoek.
Raadslid vir die !Nami#nus-kiesafdeling, mnr. Jan Scholtz, en Aus se hoofbeheerbeampte, me. Sophia Koopman, was ook teenwoordig toe Hanse-Himarwa ouerbetrokkenheid in haar toespraak aangemoedig het.
Die minister het uit ervaring gepraat toe sy sê dat ouers se betrokkenheid by hul kinders se onderrig 'n groot uitdaging is. Volgens haar dra betrokke ouers by tot suksesvolle kinders en die vermindering van armoede.
Sy het ouers ook gemaan om hul kinders nie uit die skool te hou nie, omdat dit verskeie probleme in die samelewing veroorsaak.
Scholtz het die minister geprys vir haar betrokkenheid.
“Jou betrokkenheid is die regte benadering tot en toepassing van die Harambee-welvaartplan,” het hy gesê.
Hanse-Himarwa het Maandag amptelik die nuwe inspektoraatkantore en gemeenskapsbiblioteek op Lüderitz geopen, en Dinsdag het sy die Primêre Skool Marmer op Aus besoek.
Ouers het ná haar toespraak die geleentheid gekry om vrae aan die minister te stel en om hul bekommernisse te verwoord.
Van die probleme wat aangespreek is, sluit in die verplasing van onderwysers in die middel van die jaar, die tekort aan handboeke en koshuise, uitdagende taalvakke soos Afrikaans, wat nie almal se huistaal is nie, en dissipline. Die minister was ook teenwoordig toe Shali Mining Exploration N$2 500 aan die skoolorkes en N$10 000 se skooluniforms aan die skool oorhandig het.
Die minister se toer na die Suide eindig vandag op Keetmanshoop, na sy gister op Rösh Pinah en Oranjemund gekuier het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie