Minibus vol wagte tref motorhuis

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Vir die inwoners van Mose Tjitenderostraat 17 en 19 in Olympia is die syfer 11 klaarblyklik nie gelukkig nie.

Elf jaar ná ’n vlieënier en vyf Israeliese sakemanne gesterf het toe ‘n Cessna 210 op 11 Januarie 2008 by nommer 17 neergestort het, moes die buurman in nommer 19 eergisteraand, 11 Augustus, beleef hoe ‘n minibus ‘n stopstraat mis en tot in sy motorhuis jaag.

Volgens mnr. Barrie Watson, eienaar van dié huis, het dit omstreeks halfsewe gebeur.

Die minibus het sekuriteitswagte van Omega Security Services na hul onderskeie wagposte in die omgewing vervoer. Die bestuurder het sy ronde kort tevore by die Delta Hoërskool gedoen, maar het nie by Esther Brandstraat se T-aansluiting met Mose Tjitenderostraat gestop nie.

Dit wil voorkom of die bussie se remme gefaal het, aangesien daar geen remmerke op die teer is nie. Dit het oor die pad tot binne-in Watson se motorhuis gejaag. Hy sê gelukkig was daar nie in daardie stadium ‘n voertuig daarin geparkeer nie.

Watson sê ‘n jong student wat in die motorhuis langsaan besig was om te werk, is ongedeerd hoewel sy baie groot geskrik het.

Volgens die nooddienspersoneel op die toneel was daar 10 sekuriteitswagte in die bussie, waarvan agt lig beseer is. Hulle is met drie ambulanse vir behandeling na die Katutura-staatshospitaal geneem.

Sowat 10 meter van die Watsons se motorhuis af is ‘n herdenkingsteen op die sypaadjie voor nr. 17 aangebring as stil getuienis van die destydse vliegtuigramp.

Die 24-jarige vlieënier, mnr. Daniël Marais, en die vyf Israeli-mans se name is op die steen aangebring.

Hulle was mnre. Shlomo Zilberberg, Shmuel Zigdon, Amit Cohen, Ilan Hadadi en Avichai Abarov.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!