Minibus rol
Maandagaand is 16 mense in 'n ongeluk op die B1-hoofpad beseer, toe die minibus waarin hulle was twee keer gerol het. Die 29-jarige bestuurder het na bewering beheer oor die minibus en sleepwa verloor toe die linkerkantse agterwiel gebars het. Die ongeluk het 35 km suid van Otavi plaasgevind.
“Die minibus was van Walvisbaai af op pad na Ondangwa toe die ongeluk plaasgevind het. Dit het 16 insittendes, insluitende 'n kind, gehad. Drie volwassenes is met ernstige beserings in die Otjiwarongo-staatshospitaal opgeneem,” het ao. Maureen Mbeha, woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, bevestig.
Sy het langafstandbestuurders aangemoedig om te verseker hul voertuie se bande is in 'n goeie toestand en om by die padreëls te hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie