Minibus-ongeluk eis vier
Vier mense is dood nadat ’n minibus Donderdag onderweg na Keetmanshoop sowat 20 km voor die dorp die pad verlaat en verskeie kere gerol het. Een persoon is op die toneel dood, terwyl nog drie insittendes later aan hul beserings beswyk het. Die res van die passasiers word vir ernstige tot matige beserings behandel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie