Minder toeriste kom kuier

FNB/Fenata se toerisme-indeks toon negatiewe groei.
Francoise Steynberg
Tydens die vierde kwartaal van 2017 het FNB/Fenata se toerisme-indeks 'n negatiewe groei van 8,4% in reële terme getoon.

FNB Namibia se analis, mnr. Josephat Nambashu, sê met die ekonomiese insinking is dit geen verrassing dat die indeks se groei gedaal het en teleurstellende syfers vir die vierde kwartaal van 2017 toon nie.

"Die buitelandse valuta-omskakeling het gedurende die kwartaal 'n mate van steun verleen en op die rug van 'n swakker rand teenoor die euro gery. Dit was egter lugrederye se beladingsfaktore en bedbesettingkoerse se negatiewe tendense wat die algehele indeks laat daal het. "

Hy het bygevoeg die beladingsfaktore wat die kapasiteitsbenutting van lugrederye meet, toon hoewel internasionale aankomste in Namibië steeds groei, dié groei nie met die groei in vlugte ooreenstem nie en dat dit tot dalende beladingsfaktore lei.

Volgens die Europese Reiskommissie het toerisme na Afrika in die geheel met slegs 6,6% in 2017 gegroei, wat die afgelope maande aansienlike verlangsaming toon.

BEDBESETTING DAAL

"Aan die ander kant het bedbesettingsyfers met 3,8% afgeneem in vergelyking met dieselfde kwartaal verlede jaar. Van die bedbesettings was slegs 17,5% deur Europese burgers, met 4,1% Amerikaners," het Nambashu gesê.

Hy sê die meeste toeriste was van Frankryk, gevolg deur Amerikaners en Kanadese.

"Ons resultate van die kwartaallikse opname van toerisme-ondernemings het 'n soortgelyke afwaartse tendens in die sakeprestasie-indeks getoon. Ander aanwysers soos inkomste en kapitale uitgawes het volgens die meerderheid respondente gedaal of gestagneer," sê Nambashu.

"Dit is kommerwekkend dat 66% van die hoteloperateurs hul personeel ná 'n ontstuimige 2017 moes sny. Vooruitskouend sal reisaktiwiteite in 2018 gedemp bly en na verwagting eers in 2019 weer positief wees."

Volgens die toerisme-indeks verwag toerisme-operateurs beter toeristesyfers tydens die eerste kwartaal van 2018 met verhoogde inkomste.

"Ons glo egter steeds die toenemende bedryfskoste in die sektor sal 'n bedreiging vir die vermoë van sommiges inhou om in die lang termyn mededingend te wees - veral weens verswakkende beladingsfaktore. In ’n stadium sal vliegtariewe moet styg of niewinsgewende roetes sal gesluit word. Hoe dit ook al sy, Namibië sal toenemend minder mededingend wees, wat nie goed vir die bedryf se groei is nie," meen Nambashu.

Hy sê die toerismebedryf staar voortdurende uitdagings in die gesig, soos die algemene ekonomiese insinking, die gebrek aan goeie gehalte akkommodasie vir groter groepe, sakekoste en die gebrek aan beskikbare beleggingskapitaal.

Onervare personeel is ook een van die kwessies, asook verlaagde verbruikersvertroue, die toeganklikheid van lugrederye en die strawwe mededinging van buurlande soos Suid-Afrika en Botswana.

"Ná 'n dramatiese en ongekende jaar is die toerismesektor beslis geruk weens 'n algemene afname in verbruikersbestedingskrag. Dit het die besteding vir reis en toerisme in 2017 verder beïnvloed," het Nambashu gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!