Minder padongelukke in feesseisoen as laas jaar
Minder padongelukke in feesseisoen as laas jaar

Minder padongelukke in feesseisoen as laas jaar

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie is dankbaar oor die laer ongeluksyfer die afgelope feesseisoen, maar sê daar is steeds ruimte vir verbetering.
Estelle de Bruyn
Padongelukke in al 14 streke van Namibië het die afgelope feesseisoen afgeneem.

Volgens die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het die polisie die afgelope feesseisoen, van 28 November tot 18 Januarie, ‘n spesiale misdaadvoorkoming- en padveiligheidoperasie van stapel gestuur.

Dit het meegebring dat die polisie meer sigbaar op nasionale paaie, in woongebiede en selfs in winkelsentrums was ten einde ‘n vreedsame en veilige omgewing vir Namibiërs te help verseker.

Wat padongelukke betref, was daar in die 2017-’18 feesseisoen altesaam 528 padongelukke waarin 965 mense beseer is en 127 gesterf het.

Dit is ‘n afname in vergelyking met die 2016-’17 feesseisoen toe 645 ongelukke voorgekom het waarin 1 292 mense beseer is en 134 gesterf het.

Padongelukke het volgens Ndeitunga met 18% afgeneem, beserings met 25% en sterftes met 5%.

Tog sê Ndeitunga die afname is minder as wat die polisie verwag het, gegewe die verskerpte pogings wat aangewend is.

“Ons sal steeds voortgaan om harder te werk om hierdie negatiewe statistieke tot aanvaarbare vlakke te laat daal,” sê hy.

“Die vermindering in padongelukke bewys padgebruikers het beter gehoor aan verkeersreëls gegee en is besig om positief te verander. Dit kan toegeskryf word aan die hoë sigbaarheid van verkeersbeamptes en hoofwegpatrollies op die land se hoofpaaie, veral die B1 en B2, asook opvoedkundige bewusmaking en inligting wat op platforms vir padveiligheid op TV, die Namibiese Uitsaaikorporasie en One Africa TV, asook nasionale radiostasies gedeel is,” sê Ndeitunga.

Die polisie, in samewerking met ander rolspelers soos die Nasionale Padveiligheidsraad, die Motorvoertuigongelukkefonds, die Paaieowerheid en plaaslike owerhede, het op die padwaardigheid van voertuie, die dra van sitplekgordels, verbysteek op blinde hoogtes en draaie, oorlaaiing en verpligte en gereelde toetse vir alkohol gefokus.

Algesaam 18 verkeersdeursoekpunte is beman en 213 043 voertuie is voorgekeer in vergelyking met die 159 878 verlede jaar.

Altesaam 121 671 motorbestuurders is getoets in vergelyking met 53 966 verlede jaar.

Van die welslae wat behaal is, is 9 245 dagvaardings ter waarde van N$9 688 050 wat uitgereik is en 1 925 dagvaardings wat deur die hof uitgereik is ter waarde van N$1 834 300.

In die vorige feesseisoen is 12 636 dagvaardings ter waarde van N$13 788 356 uitgereik. Geen dagvaarding is in 2016-’17 deur die howe uitgereik nie.

Altesaam 2 511 oortredings met rybewyse het voorgekom. Voertuiglisensies wat verval het, was die rede vir 656 oortredings, 656 veiligheidsgordel-oortredings is begaan, 202 vir selfoongebruik, 90 vir onbedagsame bestuur, 69 vir onpadwaardigheid en 630 oortredings wat vrag op voertuie betref.

Altesaam 693 mense is in verband met hierdie oortredings in hegtenis geneem waarvan 369 vir bestuur onder die invloed van alkohol was.

Van diegene wat vir dronkbestuur aangekeer is, was 30 vroue en 339 mans.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!