Minder lede vir gesondheidsrade

12 July 2018 | Ministeries
Henriette Lamprecht



Kleiner rade is een van die veranderinge wat die gewysigde wetsontwerpe vir die Raad op Gesondheidsberoepe in werking sal stel.

Dít om die koste te verminder verbonde daaraan om op dié rade te dien.

Die wysigingswetsontwerpe skrap ook die verkiesingsproses van raadslede en vervang dit met 'n bepaling vir nominasies deur medegesondheidslui en aanstellings deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste.

Tans is daar vyf wette vir gesondheidsberoepe in Namibië, wat 'n raad vir elke gesondheidsberoep vestig.

Die rade vir dokters en tandartse, sowel as maatskaplike werkers en sielkundiges, het elk 15 lede.

Die rade vir verpleegsters en aptekers het onderskeidelik 10 en 11 lede.

Die wysigingswetsontwerp maak voorsiening vir 'n vermindering in die bogenoemde aantal lede na agt per gesondheidsberoep.

Die raad vir verwante gesondheidsberoepe sal steeds 15 lede hê, omdat dit meer as 60 beroepe verteenwoordig.

Dr. Bernard Haufiku het in die motivering van die wysigingswetsontwerp gesê die vermindering in lede gaan nie 'n nadelige uitwerking op die uitvoer van die betrokke rade se pligte of funksies hê nie.

Volgens die minister is die rade onder die wet van 2004 gevestig deur verkiesings soos voorgeskryf deur die bepalings van artikel 7 van die betrokke wette.

Die ampstermyn van die verkose raadslede het in 2007 begin.

Vakatures het tydens die ampstermyn volgens die minister danksy sterftes of bedankings ontstaan, wat volgens wet op dieselfde manier gevul moet word as wanneer iemand die kantoor ontruim.

“Gevolglik is alle lede, behalwe dié wat direk deur die minister aangestel is, deur hul professionele gelyke en daarna deur die minister aangestel,” het Haufiku verduidelik.

Om die vakante poste te vul, moes verkiesings volgens voorgeskrewe prosedures gehou word.

Dié opsie was egter volgens die minister nie haalbaar nie en hy het sy magte in terme van die verwante bepaling van die wette gebruik om raadslede se ampstermyn te verleng.

Dít is ook by wyse van 'n kennisgewing in die Staatskoerant bekend gemaak. Die laaste verlengde amps­termyn van die lede het op 31 Maart ten einde geloop.

“Die verkiesings van rade kan tans nie plaasvind nie, omdat verkiesings volgens voorgeskrewe regulasies en prosedures van rade moet plaasvind, wat nie meer bestaan nie.”

Die wysigingswetsontwerp maak ook voorsiening vir die minister om geskikte lede in die afwesigheid van nominasies van instellings te kan aanstel.

Dit is om enige moontlike vakante poste en leemtes hok te slaan wat tans bestaan.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...