Minder geld vir geslagsgelykheid
Minder geld vir geslagsgelykheid

Minder geld vir geslagsgelykheid

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die ministerie van geslags­gelykheid en kinderwelsyn moet vanjaar met 7% minder in hul begroting klaarkom as in die vorige boekjaar.

N$1,212 miljard is volgens me. Doreen Sioka, minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, vir dié begrotingspos geoormerk.

Hiervan is N$1,204 miljard vir die ministerie se bedryfsbegroting, terwyl N$7,5 miljoen vir die ontwikkelingsbegroting is.

Laasgenoemde sluit die opknap en instandhouding van plekke van veiligheid, die konstruksie van gemeenskapsentrums, asook die konstruksie en opknap van streekskantore in.

Sowat 77% van die ministerie se bedryfsbegroting is aan die uitbetaling van kindertoelaes toegeken.

Volgens Sioka is Namibië een van 'n paar lande wat maatskaplike toelaes aan wees- en weerlose kinders in ooreenstemming met die nasionale ontwikkelingsplanne, asook die Harambee-­welvaartsplan, uitbetaal.

Vir die ondersteuning van kinder­sorggeriewe en om alternatiewe sorg soos aanneming en plekke van veiligheid aan kinders en ­families te verskaf, is N$8,9 miljoen begroot.

Dié geld word ook gebruik vir dienste en ingryping wat op straatkinders gemik is.

Verlede jaar het sowat 344 055 wees- en weerlose kinders by toelaes gebaat.

Met verwysing na vroeë kinderontwikkeling (ECD) het Sioka gesê verlede jaar is 83 265 kinders by ECD-sentrums ingeskryf, waarvan 42 988 meisies en 40 277 seuns was. Sowat 1 237 opvoeders by 1 009 ECD-sentrums ontvang 'n maandelikse subsidie van die ministerie.

Dié subsidies wissel van N$1 500 tot N$2 500 en word aan opvoeders in arm landelike en stedelike gemeenskappe betaal.

Volgens Sioka het die subsidie ten doel om opvoeders se las te verlig wat in gemeenskappe werk waar ouers nie ECD-dienste kan bekostig nie.

Sy het voorts gesê die kabinet het riglyne vir 'n geslagsensitiewe begroting (GRB) goedgekeur om in die nasionale begroting se omsendbrief ingesluit te word.

“Namibië beweeg in die regte rigting om te verseker dat elkeen (mans, vroue, meisies en seuns) in aanmerking geneem word wanneer nasionale begrotings opgestel word. Dit is ook maklik om te bepaal waaraan die meeste geld in die nasionale begroting bestee word,” het Sioka gesê.

Sy het egter erken vanjaar se nasionale begroting maak in sekere sektore nie voorsiening vir 'n geslagsimpatieke benadering nie.

Sioka het gesê Namibië het 'n verteenwoordiging van 40,4% vir vroue in beide huise van die parlement, en in die Nasionale Vergadering is dit 46%.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!