Minder as 7 000 Chinese in Namibië
Estelle de Bruyn - Die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het vorige uitlatings van haar ministerie oor die aantal Chinese in Namibië weerspreek.
Sy het in die Nasionale Vergadering op vrae van mnr. Mike Kavekotora van die Rally for Democracy and Progress (RDP) geantwoord.
Die minister het gesê die nagenoeg 100 000 Chinese in Namibië, die getal soos vroeër deur haar ministerie aan die media oorgedra, is waarskynlik die totale getal Chinese burgers wat Namibië sedert onafhanklikwording as toeriste besoek het, en diegene wat in besit van permanente verblyfpermitte, werkspermitte of korttermynwerkspermitte is.
“Ons mees betroubare syfers, gegrond op rekords van die uitreiking van permanente verblyfpermitte sedert 1990 tot 21 Februarie 2017, is 1 358. Altesaam 4 470 Chinese burgers is in besit van werkspermitte en 1 124 Chinese burgers saam met hul eggenote en kinders beskik oor tydelike verblyfpermitte,” het Iivula-Ithana gesê.
Werkspermitte word vir 'n minimum tydperk van een jaar en soms twee jaar uitgereik en by uitsondering vir 'n tydperk van drie jaar.
Volgens Iivula-Ithana moet aansoeke deur buitelanders vergesel word van 'n polisieklaringsertifikaat en indien dit negatief is, word verblyfpermitte geweier.
“As minister is ek ewe bekommerd oor alle vorme van misdaad en om hierdie rede is ons verbind tot samewerking met die ministerie van veiligheid en sekuriteit en alle veiligheidsorgane van die staat in die voortdurende stryd om misdaad op alle fronte te bekamp,” het Iivula-Ithana gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie