Minder admin vir reismiere

29 July 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht



Die langer geldigheidstydperk vir Namibiese paspoorte tree in werking sodra die bestelling paspoortboekies in die land aankom.

Namibiërs wat in die toekoms vir nuwe paspoorte gaan aansoek doen, se paspoort sal vir tien jaar pleks van net vyf jaar geldig wees. Dié besluit is verlede week deur die kabinet bekragtig.

Volgens die uitvoerende direkteur van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Etienne Maritz, tree dit in werking die oomblik wanneer die nuwe besending paspoorte vroeg in September in die land aankom.

“Diegene wat geduldig is, sal met 'n paspoort geseën word wat vir tien jaar geldig is,” het Maritz by navraag gesê.

Volgens hom geld dit vir nasionale, diplomatieke en amptelike paspoorte. Maritz het weer beklemtoon die vertraging in die uitreiking van nuwe paspoorte behoort steeds teen die eerste week van September iets van die verlede te wees wanneer die besending paspoortboekies uit die buiteland verwag word.

Hy het gerugte ontken dat daar tans 'n tekort is aan die bruin reisdokumente wat as 'n tussentydse noodmaatreël in die plek van groen paspoortboekies uitgereik word aan mense wat as gevolg van mediese en ander dringende redes moet reis.

“Ons reik steeds noodreisdokumente uit vir dié wat dit werklik nodig het,” het hy Republikein verseker.

Die aankondiging oor die verleng­ing van die geldigheidstydperk van paspoorte is deur die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, ná die kabinetsbesluit bekend gemaak. Volgens Simaata is dit duur om 'n paspoort te bekom en sal mense wat nie gereeld reis nie, nou meer tyd hê om hul paspoorte te gebruik.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

12 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

12 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

12 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

12 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

12 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

12 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

12 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...