Min tyd vir verandering
Estelle de Bruyn - Dit lyk of Namibiërs vanjaar steeds winter- en somertyd gaan hê.
Toe die wetsontwerp op Namibiese tyd gister in die Nasionale Vergadering op die agenda was, is voorgestel dat dit na 'n parlementêre portefeuljekomitee verwys word. Dit is deur die adjunkminister van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Erastus Uutoni, gesekondeer.
Komitee-fases kan maande neem en met die eerste Sondag in April, wanneer na wintertyd oorgeskakel word, om die draai, is dit onwaarskynlik dat die portefeuljekomitee sy werksaamhede betyds sal kan afhandel.
Kommer is veral uitgespreek oor leerlinge wat in die wintermaande in die donker skool toe moet gaan.
Die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het gesê voorstelle is gedoen dat skole in die winter later moet begin. Sy het ook daarop gewys dat sy nog vir insette wag.
Al sou die parlementêre portefeuljekomitee betyds die ja-woord gee, moet dit nog na die Nasionale Raad vir bespreking gaan. Die Raad kan op sy eie ook 'n komitee aanstel om verdere ondersoek na die wetsontwerp in te stel, wat die proses verder sal vertraag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie