Min of geen handboeke vir nuwe leerplan
Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

Skole wat nog nie handboeke ontvang het nie, moet volgens die ministerie van onderwys, kuns en kultuur met die beskikbare hulpbronne werk.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie.

Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan wat twee maande in die nuwe skooljaar steeds nie volledig uitgedeel is nie. Volgens verskeie skole uit ’n landswye steekproef waar Republikein navraag gedoen het, is noodgedwonge teruggeval op “ou” handboeke om met onderrig te kan voortgaan.

Die navraag volg nadat ’n ouer gekla het net 25 boeke per vak vir 250 graad 10-leerlinge is by ’n staatskool uitgedeel. Volgens die ouer is ’n formele versoek aan ouers gestuur om self die handboeke te koop. Die pryse van die boeke wissel van N$240 tot N$405. Kopieë mag nie van die handboeke gemaak word nie omdat daar kopiereg op is. Ouers moet noodgedwonge reeds van toiletpapier tot pakke papier tot skoonmaakmiddels saam met hulle kinders skool toe stuur, en is ook verantwoordelik vir kinders se skryfbehoeftes.

Een van die skole in die steekproef het gesê hulle het nog geen handboeke vir hul graad 8- en 9-leerlinge ontvang nie.

“Ons wag maar en gaan voort met die ou handboeke; ons móét skoolgee,” het die bron gesê. Hy het voorts verwys na ’n bestelling vir ’n oorpak vir ’n skoonmaker by die skool wat reeds in 2016 aangestel is en waarvoor die skool drie jaar later steeds wag.

Van die skole het wel erken die handboeke wat hulle reeds ontvang het, is tans voldoende om met onderrig voort te gaan.

Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur is die grootste gedeelte van onderrigmateriaal en hulpmiddels vir onderwysers wat in 2018 bestel is, reeds by skole afgelewer. Me. Sanet Steenkamp het by navraag gesê handboeke is bestel binne die begroting, wat beperk was.

“Uitgewers lewer steeds handboeke in streke af. Dié streke wat reeds handboeke ontvang het, is besig om dit aan skole te versprei,” het sy gesê.

Volgens Steenkamp is ’n bedrag van N$58,8 miljoen vir die grootmaat aankope van graad 10-handboeke begroot wat “billik” na die streke versprei sal word. ’n Totaal van 235 157 handboeke is teen ’n bedrag van N$51,56 miljoen aangekoop.

Met betrekking tot die behoeftes van streke as gevolg van die implementering van die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat (gewone vlak, NSSCO), het die ministerie volgens Steenkamp finansiële hulpbronne aan streke beskikbaar gestel om met die implementering van die nuwe leerplan te help. Geld wat verskaf is, sluit in N$188 miljoen vir die konstruksie van bykomende klaskamers en basiese onderriggeriewe, N$24,7 vir bykomende onderwysers, N$13 miljoen vir wetenskapstelle, N$83,3 vir handboeke en N$20 miljoen vir die opleiding van NSSCO-onderwysers. Dit bring die totaal te staan op N$342,5 miljoen vir die implementering van die NSSCO-leerplan vir die 2018-’19-boekjaar.

Steenkamp het beklemtoon die verspreiding van die relevante materiaal word voortdurend deur die ministerie gemonitor. ’n Taakspan van die direktoraat vir programme en kwaliteit (PQA) is tans ook met landwye inspeksies besig om op hoogte van die verspreiding en enige struikelblokke te kom.

Sy het voorts gesê relevante inhoud van die ou leerplan kan steeds gebruik word en het nie “oorbodig” geraak nie.

Met verwysing na die noodgedwonge kopiëring van onderrigmateriaal het Steenkamp gesê “die ministerie is bewus van die kopieregkwessies en “dit is ons verbintenis om die status van kopieregwette en bepalings daarvan te handhaaf”.

“Ons beveel onderwysers aan om strategiese onderrigmetodes te gebruik soos om opsommings aan leerlinge te verskaf. Skole kan ook die gebruik van ’n stel boeke vir verskeie klasse en lesse fasiliteer. Skole word aangemoedig om met die beskikbare hulpbronne te werk,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048