Miltsiekte-uitbrekings by Bwabwata, Sesfontein
Dertien mense van die Sesfontein-omgewing het vermoedelik miltsiekte opgedoen nadat hulle die vleis van diere geëet het wat weens dié gevreesde siekte gevrek het.
Dié inligting is pas deur die ministeries van landbou, water en bosbou en gesondheid en maatskaplike dienste bekend gemaak.
Dit blyk 93 skape en bokke, drie beeste en drie donkies is by Sesfontein in die noordweste van die land aan miltsiekte dood. Terselfdertyd is 'n uitbreking van miltsiekte ook in die Bwabwata nasionale park aangemeld nadat 23 buffels daar gevrek het.
'n Bewegingsverbod is ingestel en geen diere mag hierdie gebiede verlaat of daarheen vervoer word nie. Verder is 44 mense in die Kunenestreek wat moontlik aan die siekte blootgestel is, voorkomend daarteen behandel.
Die gesondheidsentrum by Sesfontein die hospitaal op Opuwo monitor ook mense wat daar opgeneem word wat simptome toon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie