Miltsiekte looi Rus se renosters

Terwyl die Russiese grondbaron van Dordabis vasbeslote is om nog plase te koop, moes bontgestaan word om miltsiekte op sy plaas onder beheer te bring.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Russiese miljardêr mnr. Rashid Sardarof (62) moes miljoene Namibiese dollar bestee om die renosterbevolking op sy reusewildplaas Marula Game Ranch by Dordabis te red nadat miltsiekte uitgebreek het.

Mnr. Johan Kotze, sy plaasbestuurder, het bevestig dié gevreesde siekte het sowat twee jaar gelede daar uitgebreek en die laaste vrektes was enkele maande gelede.

Dr. Ulf Tubbesing, bekende veearts en wildkonsultant wie se hulp ingeroep is, sê sowat ses renosters, ’n aantal seekoeie en ander wild het gevrek. Die laaste vrektes was enkele maande gelede.

Tubbesing sê op twee van die renosterkarkasse het hy nadoodse ondersoeke uitgevoer terwyl diagnostiese monsters van die ander karkasse versamel is. In nie een van die gevalle kon miltsiekte met laboratoriumtoetse bewys word nie, hoewel die patalogiese letsels daarop gedui het.

“Ek het met veeartse gepraat wat in die Kruger Wildtuin (Suid-Afrika) en in Zimabwe werk en volgens hulle gebeur dit dikwels dat ’n mens sukkel om ’n positiewe diagnose van die siekte te kry by dikvellige diere soos renosters en olifante.”

Miltsiekte is wel bevestig onder die ander spesies wat gevrek het, sê hy.

Volgens Kotze is die renosters aanvanklik ingeënt met die gewone entstof wat ook aan beeste toegedien word. Toe dit nie die gewenste immuniteit verskaf het nie, is kers opgesteek by die bekende Suid-Afrikaanse renosterboer, mnr. John Hume. “Hy het voorgestel dat ons die meer gekonsentreerde miltsiekte-entstof gebruik wat spesiaal vir renosters ontwikkel is.”

Tubbesing sê dit het meegebring dat die renosters “omtrent vyf keer” ingeënt moes word om die vrektes te stop.

Op ’n vraag oor wat dit gekos het, sê hy: “Ons moes elke keer vir vier tot vyf ure met die helikopter vlieg om al die renosters op te spoor en in te ent. Teen N$7 000 per uur is dit ’n aardig bedrag. Dan was daar nog die verlies van die ses renosters wat konserwatief bereken sowat N$400 000 elk werd was.”

Tubbesing sê hoewel die wet boere verplig om hul vee jaarliks teen miltsiekte in te ent, is daardie wetgewing nie op wildboere van toepassing nie. Hy sê dit is onmoontlik om die totale wildpopulasie van nagenoeg 8 000 diere op Marula in te ent.

Die spore wat vrygestel word indien die karkas van ’n dier met miltsiekte tydens ’n nadoodse oopgesny word of as aasdiere daaraan vreet, is uiters weerstandig en kan vir dekades in die omgewing oorleef.

Hy sê dit is waarom daar baie streng voorskrifte geld vir die hantering van sulke karkasse wat óf verbrand óf baie diep begrawe moes word.

REGERINGSAALMOES

Intussen blyk dit die sperdatum Vrydag vir reaksie op Sardarof se N$24 miljoen-regeringsaalmoes wat sowat twee weke gelede in die media gepubliseer is, het sonder ’n piep van die publiek gekom en gegaan.

Sy prokureur, mnr. Sisa Namandje, het gister aan Republikein gesê “nie ’n enkele kommentaar” is van die publiek ontvang oor Sardarof se aanbod om N$24 miljoen vir verskeie projekte aan die regering te skenk nie. Dit wil hy doen in ruil vir toestemming aan hom om as buitelandse grondeienaars nóg plase te koop.

Republikein het in 2014 berig dié oliegarg en persoonlike vriend van die Russiese president, mnr. Wladimir Poetin, het reeds digby N$1 miljard bestee aan sy wêreldklas-wildplaas en -lodge.

Hy het in daardie stadium ooreenkomste aangegaan met vier van sy bure sodat hy nóg sowat 18 000 ha by sy plaas van bykans 30 000 ha kon voeg.

Mnr. Alpheus !Naruseb, destyds die minister van grond en hervestiging, het egter in daardie stadium benadruk “soos die wetgewing nou staan, word geen buitelander toegelaat om enige grond in Namibië te koop nie”.

Namandje het gister gesê die advertensie waarin die publiek gevra is om kommentaar te lewer op die voorgenome skenking, is “om die proses deursigtig te maak”.

“Ons het kommentaar versoek sodat ons dit kan insluit by ons aansoek aan die regering. Namibiërs is gou om dit en dat op Facebook te sê, maar dan bly dit daarby,” sê hy oor die feit dat niemand op die versoek gereageer het nie.

Die plase waarin Sardarof nou belang stel, is nie dieselfde as wat hy destyds wou koop nie.

Namandje wou nie kommentaar lewer oor sy kliënt se vorige mislukte poging nie, aangesien “hy nie instruksies in dié verband het nie”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.19 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.13/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0162 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.46/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 958.02/OZ DOWN -0.0146 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.19 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.13/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0162 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.46/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 958.02/OZ DOWN -0.0146