Miltsiekte bevestig

'Moenie aan karkasse vat of vleis eet'

12 October 2017 | Omgewing
Francoise Steynberg - 'n Ramp het die noordooste van Namibië getref met miltsiekte wat amptelik bevestig is.

Dit volg nadat 110 seekoei- en 20 buffelkarkasse vanaf 1 Oktober in die vloedvlakte van die Okavangorivier in die Bwabwata ­Nasionale Park gevind is.

Miltsiekte is gistermiddag deur dr. Milton Maseke, die hoofveeartsenybeampte van die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en bosbou bevestig, asook deur die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeyo Muyunda.

Maseke het aan Republikein gesê hy is reeds in die gebied en daar is vyf stappe wat onmiddellik gedoen moet word: "Die eerste stap behels die skoonmaak van die seekoeikarkasse in die rivier. Dit is 'n kwessie van dringendheid, want dit is die bron van besmetting aan ander."

Maseke sê diere moet ingeënt word sodat miltsiekte nie na mak diere oorgedra kan word nie. Voorts word daar saam met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gewerk sodat mense nie in aanraking met die besmette karkasse kom nie en geensins aan die vleis blootgestel word nie.

"Daar moet nou dringend bewustheid onder die publiek geskep word oor die gesondheidsgevare wat miltsiekte inhou," het Maseke gesê.

Voorts moet monitering volgens hom voortdurend in die omgewing plaasvind. "Waarnemings vanuit die lug sal weekliks gedoen word" en volgens die ministerie van die omgewing en toerisme is 'n derde mortaliteitstelling per boot vir vandag beplan.

Maseke sê die goeie nuus is dat die daaglikse mortaliteitstelling besig om te daal.

Muyunda het gistermiddag 'n mediaverklaring gesê senior amptenare van die direktoraat van veaartsenydienste en die direktoraat van parke en wildlewe is tans in die gebied en hulle is druk besig om aksie te neem om verdere sterfgevalle te voorkom.

WAARSKUWING

"Owerhede werk onverpoosd en ons doen 'n beroep op die publiek om nie aan die karkasse te raak of die vleis te eet nie, want dit kan katastrofies wees," het Muyunda gesê.

"Die ministerie is ook bewus van die kommer rakende die gesondheid van ons toeriste wat die park wil besoek. Ons verseker ons toeriste daar is nie 'n gesondheidsgevaar vir mense nie, want die gebied waar die sterfgevalle voorkom, is nie toeganklik vir toeriste nie," het Muyunda gesê.

"As voorsorgmaatreël doen ons 'n beroep op toeriste om geensins naby die geraakte gebied te kom nie."

Muyunda sê die ministerie is ook bewus van die kommer oor spesieoorlewing: "Die ministerie beskou die kwessie as ernstig en sal reageer sodra evaluerings voltooi is. Ons voorsien nie die situasie as bedreigend vir geraakte spesies nie."

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het Dinsdag in die Nasionale Vergadering gesê plaaslike gemeenskappe in die Noordooste is reeds gewaarsku om nie aan karkasse te raak of die vleis te eet nie.

Shifeta het gesê die streeksgoewerneur, die streekraadslid van die Mukwe-kiesafdeling, die gesondheidsdirekteur van die Kavango-Wes- en Kavango-Oosstreek, die bestuur van die Elephant Tusk-operasie en die HaMbukushu tradisionele owerheid is oor die situasie ingelig.

“Daar word vermoed dat die lae vlak van die Kavangorivier gelei het daartoe dat die ­antraksbakterie aktief geword het wat natuurlik in die omgewing voorkom,” het Shifeta gesê.

“Die vernietiging van die karkasse het begin en sal voortgaan soos wat prakties geleë is. Die karkasse is op land, asook in die water.”

Tog, volgens Shifeta, is teen Dinsdag nog net van drie karkasse ontslae geraak.

Hy het gesê die streekskantoor het die proses begin om beskermende toerusting aan te skaf vir personeellede wat by die situasie betrokke is, en 500 weggooibare maskers is aan personeel gegee.

Die seekoeibevolking in Namibië word op 3 000 beraam en daar is sowat 7 000 buffels. Die seekoeibevolking in westelike Bwabwata ('n strook van 24 km langs die Kavangorivier) het spesifiek van 384 diere in 2013 tot 539 in 2017 vermeerder.

Soortgelyk

 

Namibië: Jerusalem hoofstad van Israel én Palestina

3 dae gelede | Internasionaal

Die regering sê in ‘n verklaring hy het om groot kommer kennis geneem van die die VSA se aankondiging dat hy Jerusalem as hoofstad van...

Rynand Mudge herstel ou geboue

3 dae gelede | Omgewing

Augetto Graig Windhoek se geskiedenis het sedert 1910 en 1913 voor die historiese Gathemann- en Erkrath-gebou in die stad se hoofstraat afgespeel. Die geboue, wat...

EU-lys g'n 'swartlys'

3 dae gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer “Die EU het Namibië nog nooit as 'n belasting­toevlugsoord beskou nie. Dit is 'n totale misverstand.”Só het die Europese Unie se ambassa­deur in...

Raad vir jong ondernemers

3 dae gelede | Onderwys

‘n Gids oor volhoubare ontwikkeling vir jong ondernemers in Namibië verskyn vandag in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie en is gister amptelik bekend gestel.Die...

Kalender 8 Desember

3 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Wees deel van die eerste weergawe StArt Art Salon vandag by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat...

Weer vir 7 Desember

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die verre oostelike gedeeltes, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie maar verspreide...

Crimson House en Andra deel verhoog by kus

3 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Suid-Afrikaanse groep Crimson House bring hul Gypsy Jungle-vertoning oor die feestyd na Swakopmund. Crimson house sal saam met sangsensasie Andra van 19 tot 22...

Een stem, ’n kitaar en baie Stone-emosie

3 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Warehouse-teater is dié plek vir kultuur, vermaaklikheid, yskoue bier en pizza in Windhoek. Hierdie gewilde landmerk het onlangs sy 5de verjaardag gevier sedert dit...

Bekendstelling van StArt Salon uitstalling by Macadam-mark

3 dae gelede | Kuns en vermaak

Wees deel van die bekendstelling van die eerste volume van StArt Salon vanaand by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die...