Mills skitter met terugkeer
Waterski
Tielman van Lill - Die 14-jarige Lexine Mills van Windhoek is met mening terug op haar ski's nadat sy beseer was en al die aksie van die 2018-seisoen in Suid-Afrika misgeloop het.
Om haar terugkeer te vier, het Mills vroeëe vandeesmaand aan die o.17-afdeling van 'n kompetisie by Bird Valley in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, by die Satellite-dam naby Pietermaritzburg deelgeneem waar sy besonders goed gevaar het.
Vir haar persoonlike beste puntetelling, het Mills die bykans perfekte toestande ten volle benut en met 'n 14 m-tou teen 55 kilometer per uur suksesvol toppunte met twee boeie ingepalm. Dié prestasie het haar eerste in haar ouderdomsgroep geplaas en tweede algeheel in die vroueafdeling laat eindig.
In die truuks-dissipline het sy 950 punte behaal wat 'n rapsie minder is as haar beste van 1 030 wat sy op 12 Januarie vanjaar by 'n kompetisie by die Von Bachdam suidoos van Okahandja aangeteken het. Hiermee raap sy die eerste plek in die o.17-afdeling op en troef die vroue vir die topposisie.
In geheel was die vertonings van al die skiërs by Bird Valley baie goed. Vyf persoonlike beste punterondes is behaal en Nic Stegmann van Suid-Afrika het die nasionale o.21-slalomrekord geëwenaar. Stegmann het suksesvol om twee boeie teen 58 km/h met 'n tou van 10.75 m geski om dié prestasie te behaal.
Die volgende kompetisie waaraan Mills gaan deelneem, is op Stellenbosch waar sy saam met haar landgenote Dieter Kebbel, Jeané Kamfer en Kyron Sprake die plaaslike talent gaan pak.
Mills is 'n houer van nasionale ouderdomsrekords vanaf onder 10 tot o.17 in al drie dissiplines (slalom, truuks en spronge). Sy moes egter in Maart laas jaar geopereer word vanweë geskeurde knieligamente.
Mnr. Trevor Mills, pa van Lexine, het 'n paar bedankings gemaak.
“Ons opregte dank gaan aan die Suid-Afrikaanse Waterski-federasie en die organiseerders van die kompetisie wat ons tuis laat voel het. Ek bedank ook graag die Namibiese Sportkommissie wat ons ondersteun het,” het Mills gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie