Miller tem marathon in Italiu00eb
Miller tem marathon in Italiu00eb

Miller tem marathon in Italië

Andrew Poolman
Die Namibiër Alex Miller (regs) sê sy sewende posisie in ’n Italiaanse bergfietsresies het hom groot selfvertroue gegee. Die 20-jarige Olimpiese ryer het Sondag aan die Riva Bike Festival se marathon-afstand van 82,77 kilometer deelgeneem, op ’n roete met minstens vier lang klimgedeeltes met ’n totale vertikale hoogte van ’n ontsaglike 3 484 meter. “Dis een van die grootste eendaagse marathonbyeenkomste in Europa. My beroepspan Team Trek Vaude het die algehele wenner in die mansresies opgelewer (Sascha Weber van Duitsland, middel), met Karl Markt (links) van Oostenryk in die derde posisie. Ekself het die o.23-mansresies gewen en was algeheel sewende oor die eindstreep,” sê Miller. Die Namibiër het bygevoeg dat hy aanvanklik nie hierdie deelname beplan het nie, omdat hy die afgelope twee weke in die Switserse stad Basel redelik besig met eksamens was. “Om sewende te kon klaarmaak, het baie goed gevoel. Ek weet as ek op my vorm fokus, kan ek beslis met die bestes saampraat!” Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!