Miljoene vir ‘patetiese’ verkiesing

Die onlangse tussenverkiesing op Ondangwa het die belastingbelater nagenoeg N$2,4 miljoen uit die sak gejaag.
Denver Kisting
ont face="Verdana" >

ont face="Verdana" >



Denver Kisting – Mnr. Theo Mujoro, die hoofverkiesingsbeampte by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), sê die 24%-opkoms tydens ’n onlangse verkiesing is pateties.

Mujoro sê die tussenverkiesing verlede maand op Ondangwa om ’n nuwe raadslid vir die stedelike kiesafdeling te kies, het die belastingbetaler N$2,4 miljoen gekos.

Volgens hom verteenwoordig dié treurige aantal kiesers geen opbrengs op die belegging wat die belastingbetaler maak nie.

Mujoro was deel van ’n paneel op die weeklikse uitsending van Talk of the Nation op NBC waartydens kiesersopvoeding onder die loep gekom het.

Net 3 792 van die geregistreerde 15 800 kiesers het in die tussenverkiesing op Ondangwa gestem.

Dit verteenwoordig ’n skrale 24%-deelname.

Volgens mnr. Shaandre Finnies, ’n jeugverteenwoordiger, moet die boodskap wat in ’n wegblystem vervat is, nie geïgnoreer word nie.

Hy het ontken die jeug is apaties of het geen respek vir ouer garde nie. Finnies sê die jeug voel nie dat hulle stem saak maak nie.

Die jeugleier het ’n beroep gedoen op die jeug om die mag van hul stem te ontgin.

Dr. Hoze Riruako, ’n politieke ontleder, het gesê politieke partye beloof dikwels tydens hul veldtog die maan en die sterre.

Ongelukkig, meen hy, keer die partye nie gereeld genoeg terug na hul kiesers om te verduidelik hoekom sekere beloftes nie nagekom is nie.

Op sy beurt het mnr. Panduleni Nghipandulwa, ’n programmebestuurder by die Namibië Instituut van Demokrasie (NID), gesê dit is ’n goeie idee om laerskoolkinders reeds oor hul burgerregte en –verantwoordelikhede in te lig.

Finnies het hom gelyk gegee. Hy het egter gemaan dit is belangrik dat die opleiding op ’n vlak moet wees wat die kinders kan verstaan.

Die tussenverkiesing in die Ondangwa- stedelike kiesafdeling is genoodsaak nadat pres. Hage Geingob vroeër vanjaar die voormalige raadslid, mnr. Irimari Kaulifewangali Elia, as die goewerneur van die Oshanastreek aangestel het.

Mnr. Leonard Negonga, Swapo se kandidaat, het as die wenner uit die stryd getree. Hy het 1936 van die stemme op hom verenig.

Die onafhanklike kandidaat, me. Angeline Immanuel, was ’n kortkop agter hom met 1 402 stemme.

Intussen het Mujoro gister in ’n verklaring gesê die oefening waartydens die eletroniese stemtoestelle (EVM’s) aan ’n kuberkraakuitdaging onderwerp sou word, is uitgestel.

Dié oefening sou môre plaasgevind het.

Volgens Mujoro is die geleentheid uitgestel om politieke partye die kans te gee om daarvoor voor te berei.

Hy sê die geleentheid is meegebring nadat politieke partye hul voorbehoude oor die elektroniese stemtoestelle uitgespreek het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!