Miljoene vir hepatitis E-uitbreking
Miljoene vir hepatitis E-uitbreking

Miljoene vir hepatitis E-uitbreking

Deel van die noodreaksieplan is die herstel van gemeenskaplike toilette en 'n hoofpyplyn vir draagbare water.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Ontlasting in die openbaar, besmette drinkwater en vullishope op straathoeke en in rivierbeddings is die grootste sondaars vir die huidige uitbreking van hepatitis E in Windhoek.

Volgens Windhoek se munisipaliteit is N$32 miljoen nodig om die noodreaksieplan vir hepatitis E te finansier sodat die voorsiening van basiese munisipale dienste soos water, sanitasie, afvalbestuur, asook ’n opvoedingsprogram in geraakte gebiede moontlik is.

N$17 miljoen sal in die huidige finansiële jaar gebruik word.

Met verwysing na sanitasie het die munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Hamutenya, gesê die meeste van 330 gemeenskaplike toilette is reeds herstel en in ’n werkende toestand, terwyl die res teen die middel van Februarie voltooi sal word.

’n Bykomende 20 toilette sal ook aangekoop word. ’n Rioollyn van sowat ’n kilometer is ook in die Havana-nedersetting skoongemaak.

Sowat vyf van die sewe kilometer van die hoofpyplyn vir draagbare water in Goreangab is reeds verleng, terwyl vyf nuwe staanpype geïnstalleer en nege staanpype herstel is.

Volgens Hamutenya sal dit die installering van meer staanpype in geraakte gebiede vergemaklik wat nie in die verlede toegang tot draagbare water gehad het nie.

“Dit sal inwoners in Havana en Goreangab in staat stel om nie meer as ’n kilometer na die naaste waterpunt te stap nie,” het sy gesê.

Skoonmaakveldtogte in die geraakte gebiede het reeds verlede maand afgeskop, met Rent-A-Drum wat sakke vir herwinning geskenk het en ook vullis hier sal verwyder.

Amutenya het voorts gesê die stadsvaders se noodreaksieplan word deur ’n voortgesette opvoedingsveldtog en maatskaplike mobilisering ondersteun om inwoners bewus te maak van die noodsaaklikheid van higiëne.

Die veldtog word deur onder meer raadslede van kiesafdelings, gemeenskapsleiers en gesondheidswerkers gedryf.

Die voorsiening van eenhede en skoonmaakmiddels vir die was van hande hoofsaaklik aan markte en straatverkopers vorm deel van die munisipaliteit se fokus op veilige voedsel.

Amutenya het vandalisme van die munisipaliteit se openbare geriewe as een van die grootste struikelblokke in die reaksieveldtog geïdentifiseer.

“Inwoners van informele nedersettings en waarskynlik dié uit ander gebiede maak gebruik van dienste wat aanvanklik vir gebruik deur ’n beperkte aantal mense bestem is.”

Dit lei volgens haar tot voortdurende verstoppings en hoë onderhoudskoste, sowel as vandalisme weens ’n tekort aan eienaarskap en ’n verantwoordelikheidsin.

“Dit lyk of dit vir gemeenskapslede moeilik is om geriewe te onderhou wat deur baie mense gebruik word, waarvan die meeste nie uit hul area afkomstig is nie.”

Amutenya het gemaan dit is daarom belangrik dat inwoners van Windhoek infrastruktuur oppas wat aan hulle voorsien word om te verseker dat die reeds beperkte hulpbronne tot die raad se beskikking ekonomies aangewend word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!