Miljoene vir baba met breinskade
Keisersnee nooit as opsie ondersoek.
Henriette Lamprecht - ’n Ma van Windhoek het ’n skikkingsooreenkoms met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bereik, nadat haar seuntjie weens ’n tekort aan suurstof in die Katutura-staatshospitaal met ernstige breinskade gebore is.
Me. Laimi Iipinge het aanvanklik skadevergoeding van N$6 miljoen van die ministerie geëis. Die finale skikkingsbedrag sal tydens 'n voorverhoor in Maart gefinaliseer word.
Die N$6 miljoen is nie net vir emosionele stres, pyn en lyding nie, maar ook vir die toekomstige en voortgesette mediese koste van Panduleni Pejavelli Nangolo wat vir die res van sy lewe 24 uur per dag versorging sal nodig hê.
Panduleni is op 12 Desember 2015 in die hospitaal se kraamafdeling gebore, nadat Iipinge die middag omstreeks 15:30 volgens ’n vroeë bespreking hier opgeneem is.
Volgens die hofstukke is Iipinge met haar opname ondersoek en is haar ongebore seuntjie se toestand deur middel van ’n monitor dopgehou.
Sy is na ’n kraamkamer geneem waar sy alleen was tot haar seuntjie omstreeks 21:50 gebore is.
In die vroeë stadium van die kraamproses is vasgestel sy het ’n probleem wat as “baie stadige geboorte” beskryf is.
Binneaarse medikasie is toegedien om kontraksies te bevorder.
Volgens die hofstukke is “baie min of geen aandag” aan Iipinge gegee.
Dít ten spyte van die “baie stadige geboorteproses” wat voortdurende waarneming, sowel as die voortdurende nagaan van haar ongebore baba se lewenstekens vereis het, en of hy steeds genoeg suurstof in die baarmoeder kry.
Iipinge het omstreeks 20:00 in aktiewe kraam in gegaan, uiterste pyn ervaar en was baie moeg.
“Hoewel die klaagster om hulp geroep het met die geboorte van haar baba, het niemand van die mediese personeel aan diens tot haar redding gekom nie,” lui die hofstukke.
Ná twee ure op haar eie het ’n manlike dokter, wat toevallig by haar kamer verbygeloop het, haar gille gehoor en Iipinge bygestaan.
Nadat hy ’n episiotomie uitgevoer het, is Panduleni gebore. Hy het egter nie gehuil of beweeg nie en is in ’n broeikas geplaas, met Iipinge wat aangesê is om te rus.
Met haar eerste besoek aan haar baba het Iipinge gesien Penduleni beweeg steeds nie en word binneaars gevoer.
Daar is aan Iipinge verduidelik die binneaarse voeding was nodig omdat hy mekonium in die baarmoeder ingekry het en “moeg” was.
Sy is ook meegedeel sy moes eerder ’n keisersnee ondergaan het.
Baba Panduleni het binne die volgende twee dae geen vordering getoon nie en Iipinge en die seuntjie se pa is meegedeel hy het weens ’n gebrek aan suurstof breinskade opgedoen en sou “ernstig gestrem wees”.
Volgens die hofstukke is dié omstandighede te wyte aan die “stadige geboorteproses” en die personeel wat wel van die probleem bewus was.
’n Dokter wat hieroor ingelig is, het egter glo nie gereageer nie, omdat hy met ’n ander pasiënt besig was. ’n Spesialis se hulp is glo ook nooit ingeroep nie en Panduleni is glo nie deur die hele proses gemonitor nie.
Voorts sê die hofstukke Iipinge self is in die laaste twee ure voor haar seuntjie se geboorte nooit gemonitor nie en sy is gevolglik ingelig Panduleni kry nie genoeg suurstof nie.
“As hy vroeër gebore was, dui alles daarop dat hy ’n gesonde baba sou wees.”
Die stukke maak dit gevolglik duidelik die seuntjie moes vroeër met die hulp van ’n keisersnee gebore gewees het.
“Die twee risiko’s dat die ma moeg kon raak en nie in staat sou wees om te druk nie, en dat die baba van suurstof ontneem kon word tydens die langdurige proses van natuurlike geboorte, moes deur enige oplettende gesondheidswerker voorsien word en die nodige stappe geneem word om bogenoemde te vermy.”
Weens Panduleni se ernstige breinbesering is hy permanent en ernstig gestrem.
Sy mediese toestand, Hypoxic-Ischemic Encephalopathy, lei ook dikwels tot die afsterf van breinselle, breinskade, ontwikkelingsprobleme, epilepsie en serebrale verlamming.
’n Naelstringbreuk en maagkrampe vereis ook voortdurende hospitaalbesoeke.
“Die klaagster se baba sal waarskynlik aan geestelike en intellektuele gestremdheid ly, omdat hy mikrokefalie (’n klein kop en brein) het.”
Panduleni sal vir die res van sy lewe 24 uur per dag versorg moet word, omdat hy nie sonder hulp kan sit, kruip of loop nie.
Hy is voorts ondergewig, het refluksprobleme en is spasties.
Dit is langtermynprobleme wat na verwagting sal vererger soos hy ouer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie