Miljoene vir 24 dae se ongelukke

Met nog ’n week van dié maand oor, kos September se motorongelukke die belastingbetaler reeds reusebedrae.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die 50 sterftes en 331 beseerdes in motorongelukke tussen 1 en 24 September kan die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) ’n totaal van meer as ’n halfmiljard kos.

Me. Surihe Gaomas-Guchu, die MVAF se hoof van korporatiewe aangeleenthede, sê die sterftes en ongevalle is tussen 1 September en 12:00 op 24 September op die land se paaie aangeteken.

Vir elk van die 50 sterfgevalle betaal die MVAF N$7000 per begrafnis, wat ’n totaal van N$350 000 meebring.

Hiernaas, sê Gaomas-Guchu, staan die fonds afhanklikes van oorledenes by tot ’n maksimum van N$100 000 per afhanklike.

Dié vergoeding word betaal wanneer die fonds sodanige afhanklikes kan bevestig, sê sy.

Altesaam 39 van die oorledenes is 20 jaar en ouer. Indien elk van dié mense net een afhanklike het, sal dié bystand die fonds N$3,9 miljoen uit die sak jaag.

Gaomas-Guchu sê die fonds sal mediese uitgawes tot ’n maksimum van N$1,5 miljoen vir elk van die 331 beseerdes dek om hulle te help om weer onafhanklik op hul voete te kom.

Sou almal dié hulp benodig, gaan dit N$496,5 miljoen kos.

Afhangend van die erns van die besering kan elk van die 331 beseerdes verder vir ’n beseringstoelaag ten bedrae van N$100 000 per persoon in aanmerking kom, sê sy.

Beseerdes is ook geregtig op ’n maksimum van N$100 000 per persoon vir die verlies aan inkomste, sê Gaomas-Guchu.

Die totaal van dié som wanneer die ergste situasie hom sou afspeel, beloop N$566,95 miljoen – of meer as ’n halfmiljard.

Khomas, Otjozondjupa swaar getref

Sy sê van die 182 ongelukke het die meeste (41%) in die Khomasstreek plaasgevind, gevolg deur 12% daarvan in die Otjozondjupastreek.

Hoewel die meeste beserings die afgelope 24 dae in dié twee streke voorgekom het, is die meeste sterftes in die Otjozondjupastreek aangeteken gevolg deur Oshikoto.

Altesaam 29, of 58%, van die sterftes was mans, terwyl 20, of 40%, vroue was en een persoon se geslag onbekend is.

Intussen is ’n openbare verhoor deur die parlementêre staande komitee oor die ekonomie en openbare administrasie met die MVAF gister gekanselleer omdat die komitee glo nie gereed was nie.

’n Verkeershoof verbonde aan die Namibiese polisie, hoofinsp. Rozario Coetzee, het die afgelope week oor die doodspoor op die land se paaie gesê dit lyk of Namibiërs op ’n selfdoodsending is. (Lees ook die berig op bl. 2.)

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.74/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 87.09/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 937.43/OZ DOWN -0.0027 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.74/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 87.09/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 937.43/OZ DOWN -0.0027