Miljoene se verliese in twee brande

Vragmoters van Seapride Foods en 'n Spar-kettingwinkel is gister deur vlamme verswelg.
Tanja Bause
Tanja Bause



Teen druktyd gister was dit nog onbekend wat presies die brande veroorsaak het wat tot reuseskade vir twee Namibiese ondernemings gelei het.

Seapride Foods in Windhoek het in die vroeë oggendure gister nege vragmotors verloor, terwyl die Spar-­kettingwinkel op Keetmanshoop skaars ses ure later totaal verwoes is.

Gister omstreeks 02:30 het 'n brand op die perseel van Seapride Foods in Nickel-straat in Prosperitas uitgebreek. Dit het nege koeltrokke vernietig en miljoene Namibiese dollar se skade aangerig.

Inwoners van die omgewing is deur die sirenes en verskeie ontploffings wakker gemaak. Aanvanklik is gedink gasbottels het ontplof, maar dit het later aan die lig gekom dit was die wiele van die vragmotors.

Volgens die eienaar van Seapride, mnr. Jarred Geyser, is hulle nie seker wat die brand veroorsaak het nie.

“Ons het groot skade gely. Miljoene Namibiese dollar se skade,” het hy gesê.

“Ons nege splinternuwe vragmotors en 'n laaigraaf is in die vlamme verwoes,” het Geyser gesê.

Eerste aanduidings is dat die brand in 'n afvalhouer langs die hoofgebou begin het.

“Gelukkig is die hoofgebou meestal onbeskadig. Die vensters van die boonste verdieping het gesmelt of gebars. Maar die skade is nie so erg as 'n mense die nege vragmotors nie in ag nee nie,” het hy gesê.

Intussen het 'n kollega van Geyser op die toneel gesê dat hulle na die CCTV- opnames gekyk het en dit blyk die houer het begin brand.

“Aan die begin het die veiligheidswagte probeer om die brand met emmers water te blus, maar weens die hitte kon hulle dit nie doen nie,” het hy gesê.

'n Diamantslypfabriek wat langs Seapride Foods geleë is, se muur is ook groot sake aangerig.

“Die muur het uitgesit en teruggetrek en daar is baie skade,” het Geyser gesê.

Gisteroggend was werkers van Seapride Foods besig om ­vraghouers te blus wat nog gesmeul het. Die houers is glo as boekhoudingargief benut.

Volgens die adjunkhoof van ­­nood- en ramprisikobestuur van ­Windhoek, mnr. Kupaha Uazukuani, het die brandweer om 02:36 twee waens uitgestuur wat om 02:47 op die toneel was.

Die een het gekeer dat die vlamme nie na die omliggende geboue versprei nie, en die ander een het die vlamme van die brandende vragmotors geblus.

“Ná sowat 'n uur was die vlamme onder beheer en is die vuur geblus. Ons het later teruggekeer om seker te maak alles is geblus en datdie wiele nie weer vlamgevat het nie,” het hy gesê.



Spar op Keetmanshoop

Gister omstreeks 09:00 het die stoorkamer van die Spar-kettingwinkel op Keetmanshoop begin brand.

Die brandweer was 20 minuter later op die toneel en die brand is om 15:00 onder beheer gebring.

Volgens me. Lindie Esterhuyzen het mense net nadat die brand ontstaan het die winkel ingestorm om te steel.

“Hulle het begin om goed uit die winkel te dra, maar die polisie was vinnig op die toneel en het dit gestop,” het sy gesê.

Die Tops-drankwinkel is ontruim, ingeval die brand daarheen versprei. Omstreeks 13:30 het 'n watertenker van NamWater op die toneel opgedaag om die brandweer te ondersteun. Kort daarna het nog watertenkers, twee van HFJ Plant Hire en een van die direktoraat landelike watervoorsiening, na die toneel gehaas.

Volgens mnr. Japie Mosterd van NamWater was daar om 14:00 vier watertenkers op die toneel.

“Ons het twee watertenkers per brandweerwa wat dit vol water hou, sodat hulle net kan blus,” het hy gesê.



samewerking

“Gelukkig is Spar op 'n hoek geleë, so die enigste gebou wat in gedrang was, is die kantore van die Paaieowerheid (RA) wat langsaan is. Die brand is onder beheer gebring sonder dat dit na enige geboue versprei het.”

Volgens hom is daar talle nuuskieriges, maar die polisie het die situasie onder beheer.

“Ek kry die gevoel van goeie samewerking van die gemeenskap; niemand is in niemand se pad nie.”

Keetmanshoopse belastingbetalers het hulle tot Facebook gewend om hul ontevredenheid oor die brandweer uit te spreek. “Baie teleurgesteld. Geen voorval bevelvoerder, geen brandblusplan of aksie plan. Brandweer meer deurmekaar as die werkers en eienaar van die winkel,” het een gesê.

Ander het wel lof gehad vir die polisie: “Welgedaan aan NamPol met die beheer van die plunderaars.”

(Bykomende inligting Yolanda Nel/Windhoek Express en Frank Steffen/Allgemeine Zeitung)

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.70/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.06/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 902.52/OZ DOWN -0.0081 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.70/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.06/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 902.52/OZ DOWN -0.0081