Miljoene se nuwe baadjie vir Sands

10 November 2005 | Kollig
\nDIE Kalahari Sands Hotel gaan binnekort opknappings van N$13,5 miljoen ondergaan om gaste te bederf met nét die beste gasvryheidsondervinding waarvoor Sun International bekend is. Hierdie opknappings sluit in die groepsverwelkomingsuite, uitbreidings van die casino insluitend \'n rokers- en nie-rokersafdeling, asook die Salon Privé en \'n Wellness-sentrum.
\nIntussen sluit die prosedure om \'n groep te verwelkom nou ook \'n verwelkoming deur die bestuur en gastespan met aankoms in, asook ystee en verfrissende handdoeke of \'n warm sjokoladedrankie, koekies en warm handdoeke, afhangende van die seisoen, en voorafregistrasie wat dit vir gaste moontlik maak om direk na hul kamers te gaan.
\nDie opknapping van die casino is onderweg en werk aan die groepsverwelkomingsuite het reeds begin. Hierdie unieke fasiliteit is daarop gemik om dit vir groepe makliker te maak om by ontvangs te registreer.
\nIntussen is die geriewe in kamers ook verbeter by alle Sun International-hotelle en sal die vermaaklikheidstelsels in kamers ook binnekort opgeknap word.
\nDie Wellness-sentrumontwikkeling sal voltooi wees kort ná die verwelkomingsuite. Hier is vier terapiekamers beskikbaar wat nét die beste tegnologie en sorg bied. Dit sluit ook \'n hidroterapiekamer in.
\nDie Sands se casino is die eerste rokers- en nie-rokers casino. Die uitbreidings laat genoeg ruimte vir \'n Salon Privé waar Platinum- en Goue MVG-kaarthouers die geleentheid kry om in privaatheid en luuksheid te dobbel. Die nuwe casino sal met 150 slotmasjiene en 11 tafels spog, asook met \'n nuwe atmosfeer met ingevoerde matte wat ideaal is vir hierdie vermaaklikheidsarea.
\nDie Dunes-restaurant spog met van die beste disse vir enige ete in die land. Ontbyt, middag- en aandete is onlangs hersien en aansienlik aangevul. Die restaurant beskik ook nou oor die kennis van die internasionaal-erkende Michelin-ster sjef Conrad Gallagher.
\nVolgende jaar begin opknappings ter waarde van N$15 miljoen aan die verbetering van kamers en, danksy die kontrakteurs se vernuf, sal dit geskied met minimale ongerief vir gaste.\n

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...