Miljoene met u2018kankerappelsu2019 ingesamel
Miljoene met u2018kankerappelsu2019 ingesamel

Miljoene met ‘kankerappels’ ingesamel

Bank Windhoek se jaarlikse projek ten bate van die Kankervereniging van Namibië was weer eens 'n reusesukses.
Die Bank Windhoek Kankerappelprojek het vanjaar N$3 miljoen vir die Kankervereniging van Namibië (CAN) ingesamel.

Die projek is 18 jaar gelede begin met die doel om Namibiërs op te lei oor kanker en die voorkoming daarvan. Dit is een van die grootste projekte vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid in die land en het oor die jare reeds N$20 miljoen vir die CAN ingebring.

Volgens die besturende direkteur van Bank Windhoek, me. Baronice Hans, bied die projek aan Namibiërs die geleentheid om betrokke te raak deur ’n appel vir N$5 te koop.

“Vir die afgelope drie jaar word ’n gedeelte van die ingesamelde geld vir uitreikprogramme gebruik. In die tydperk is 22 130 mense in al 14 streke van die land vir alle soorte kanker ondersoek,” het sy gesê.

Die ondersoeke is hoofsaaklik gedoen na bors- en servikale kanker, wat die meeste in Namibië voorkom. Vanjaar is 3 438 vroue deur middel van die uitreikprogram vir servikale kanker ondersoek en 223 vroue is vroegtydig gediagnoseer.

Die Bank Windhoek-tak op Swakopmund het vanjaar die meeste appels verkoop, naamlik 52 836.

Landwyd het 603 skole aan die projek deelgeneem en gesamentlik 350 000 verkoop. Prysgeld ter waarde van N$45 000 is vir die eerste, tweede en derde plek vir preprimêre, primêre, sekondêre en gekombineerde skole gegee. Die wenskole is die Preprimêre Skool I Can Do It, die Duitse Primêre Privaatskool Otavi, die Privaatskool Excelsior en Edugate Academy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!