Miljoene kinders nie in 2018 ingeu00ebnt
Miljoene kinders nie in 2018 ingeu00ebnt

Miljoene kinders nie in 2018 ingeënt

Entstowwe is van die belangrikste hulpmiddels om siekte-uitbrekings te voorkom.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Altesaam 20 miljoen kinders wêreldwyd – meer as een uit tien – het verlede jaar nie lewensreddende entstowwe teen masels, witseerkeel en tetanus ontvang nie.

Volgens nuwe inligting van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en Unicef het die wêreldwye inenting van kinders met drie dosisse DTP3 (wat tetanus en witskeerkeel insluit) en een dosis maselsentstof op sowat 86% gaan stilstaan.

Hoewel dit hoog is, sê die WHO is dit nie voldoende nie en is dekking van 95% wêreldwyd nodig om beskerming teen uitbrekings van siektes te bied wat met entstof voorkom kan word.

“Entstowwe is van ons belangrikste hulpmiddels om uitbrekings te voorkom en die wêreld veilig te hou,” sê dr. Tedros Ghebreyesus, die WHO se direkteur-generaal.

“Terwyl die meeste kinders vandag geïmmuniseer word, is daar veels te veel wat agterbly. Dit is dikwels dié in die hoërisikogroep en die armste, mees gemarginaliseerde mense wat geraak word deur konflik of uit hul huise gedwing word, wat inentings herhaaldelik misloop,” het hy gesê.

Die meeste kinders wat nie geïmmuniseer word nie, bly in die armste lande en in lande wat deur konflik geraak word.

Byna die helfte woon in net 16 lande naamlik Afghanistan, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Tsjad, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC), Ethiopië, Haïti, Irak, Mali, Niger, Nigerië, Pakistan, Somalië, Suid-Soedan, Soedan, Sirië en Jemen.

Die WHO sê indien hierdie kinders siek raak, staar die ergste gesondheidsgevolge hulle in die gesig en is hulle ook minder geneig om toegang tot lewensreddende behandeling en versorging te kry.

Reuseverskille in toegang tot enstof in lande van alle inkomstevlakke het tot verwoestende uitbrekings van masels in baie dele van die wêreld gelei, insluitend in lande wat hoë algehele entstofkoerse het.

Volgens die WHO is byna 350 000 gevalle van masels in 2018 aangeteken, meer as dubbel in vergelyking met 2017.

“Masels is ‘n werklike aanduiding van ’n gebied waarop ons meer werk het om te doen om voorkombare siektes te bekamp,” sê me. Henrietta Fore, Unicef se uitvoerende direkteur.

“Omdat masels so aansteeklik is, dui ‘n uitbreking op gemeenskappe wat entstowwe misloop weens swak toeganklikheid, kostes of soms oorgerustheid. Ons moet elke poging moontlik aanwend om elke kind te laat immuniseer,” het sy gesê.

Oekraïne was in 2018 die land met die hoogste voorkoms van masels.

Hoewel die land daarin kon slaag om meer as 90% van sy babas in te ent, was die dekking vir verskeie jare laag en loop ‘n groot aantal ouer kinders en volwassenes die risiko om die siekte op te doen.

Verskeie ander lande met ‘n hoë voorkoms en dekking het volgens die WHO beduidende groepe mense wat in die verlede nie teen masels ingeënt is nie.

Dit dui volgens die organisasie daarop dat lae dekking oor tyd dodelike uitbrekings kan begin, asook gemeenskappe met inwoners wat nie geïmmuniseer is nie.

Vir die eerste keer is daar ook inligting oor die dekking van die entstof vir menslike papilloomvirus (HPV) beskikbaar, wat meisies later in hul lewe teen servikale kanker kan beskerm.

In 2018 het 90 lande die HPV-entstof deel van hul nasionale programme gemaak.

Volgens die WHO is net 13 van dié lande lae-inkomstelande. Dit beteken dié met die grootste risiko om die siekte op te doen, is steeds diegene met die minste toegang daartoe.

Saam met vennote soos Gavi, die Entstof-alliansie en die Inisiatief vir Masels en Duitse Masels ondersteun die WHO en Unicef lande om hul immuniseringstelsels en reaksie op uitbrekings te versterk.

Dit sluit in om alle kinders met roetine entstowwe te immuniseer, noodveldtogte van stapel te stuur en gesondheidswerkers as ‘n noodsaaklike deel van gehalte primêre gesondheidsorg op te lei.

Sedert 2000 voorsien die WHO en Unicef jaarliks ramings van nasionale immuniseringsdekking aan lidlande.

Historiese inligting oor immunisering word ook saam met die jongste beskikbare inligting geëvalueer.

Die 2018 -hersiening dek 39 jaar se skattings van dekking tussen 1980 en 2018.

DTP-dekking word gebruik as aanduiding van hoeveel kinders ingeënt is en word bereken vir kinders jonger as ‘n jaar.

Die beraamde aantal kinders wat geïmmuniseer is, word bereken deur bevolkingsdata te gebruik wat deur die Verenigde Nasies (VN) se 2019-Wêreldbevolkingvooruitskatting voorsien is.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31%