Miljoene geëis vir ‘onwettige’ aanhouding

Byna agt jaar agter tralies

08 February 2019 | Howe
Henriette Lamprecht – ’n Man wat vir sewe jaar, sewe maande en 17 dae sonder borgtog of verhoor aangehou is, eis miljoene se skadevergoeding van onder meer die aanklaer-generaal.

Mnr. Ali Moussa, ’n sakeman wat op Katima Mulilo in die Zambezistreek woon, dagvaar mnr. Primus Amwaama, ’n polisiebeampte, mnr. Martty Mbeha Mbukusa, asook die aanklaer-generaal vir skadevergoeding van byna N$28 miljoen.

Volgens Moussa is hy op 2 Mei 2007 by die polisiekantoor op Katima Mulilo sonder 'n lasbrief en “redelike of waarskynlike oorsaak onregmatig, onwettig, opsetlik en kwaadwillig in hegtenis geneem”.

Volgens hofstukke het Mbukusa op 8 Junie 2007 “vals klagte” van roof met verswarende omstandighede en ontvoering teen hom gelê.

Moussa sê voorts Amwaama en Mbukusa het geen goeie rede gehad om dié klagte te lê nie.

Tussen 2 en 21 Mei 2007 het die twee verweerders glo ook nie dié “valse inligting” teruggetrek nie.

Die aanklaer-generaal en sy personeel het, ondanks die “vals inligting” voortgegaan om die saak te ondersoek en hom te vervolg sonder voldoende inligiting om die ondersoek en klagte teen hom te regverdig, sê Moussa.

Volgens die hofstukke het die aanklaer-generaal van 7 Junie 2007 tot Mei 2015 geen bewyse gevind dat Moussa aan dié klagte skuldig is nie.

Ook kon Mbukusa hom glo nie by die beweerde oortredings betrek nie.

Van Desember 2008 tot 21 Mei 2015 het Mbukusa na Lebanon verhuis en sou nie na Namibië terugkeer om getuienis teen Moussa te lewer nie.

“Vir die tydperk 7 Junie 2007 tot Mei 2015 was die aanklaer-generaal ook bewus daarvan dat Mbukusa die verweerder nie by die beweerde oortreding kon betrek nie,” lui hofstukke.

Ten spyte hiervan is Moussa op 2 Mei 2007 sonder ’n lasbrief in hegtenis geneem en by die polisiekantoor op Katima Mulilo aangehou totdat hy op 8 Junie dieselfde jaar uiteindelik in die hof verskyn het.

Moussa is van 2 Mei tot November 2007 op Katima Mulilo aangehou, waarná hy tot middel Desember 2007 by die Ngoma-grenspos aangehou is.

Hierna is hy weer verskuif – dié keer na die militêre basis op Grootfontein, waar hy vir 10 dae aangehou is.

Volgens hofstukke is Moussa hierna na die Oluno-tronk op Ondangwa verskuif waar hy tot Junie 2009 aangehou is. Die laaste twee jaar van sy aanhouding is hy onderskeidelik in die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou (van Junie 2008 tot Junie 2012) en is hy weer terug na die polisieselle op Katima Mulilo (van Junie 2012 tot 19 Desember 2014).

Volgens Moussa is hy nooit gevra om te pleit nie en is hy ondanks verskeie hofverskynings nooit op dié aanklagte verhoor nie.

Hy is eers op 19 Desember 2014 ná ’n verskyning in die hoërhof op borgtog vrygelaat. Die klagte teen hom is eers op 21 Mei die volgende jaar teruggetrek.

Voor sy aanhouding was Moussa ’n bestuurder by Chip Shop CC, en het hy ’n salaris van N$25 000 per maand verdien.

Hy was ook die eienaar van ’n besigheid, Saaf City Klub and Accommodation, wat ’n minimum omset van N$100 000 per maand gehad het.

Die besigheid was toe N$1,2 miljoen werd.

Moussa eis skadevergoeding van N$27,9 miljoen vir onder meer “vernedering, skade aan sy selfbeeld en reputasie en die ontneming van sy vryheid”, asook die verlies aan inkomste.

Amwaama en die aanklaer-generaal beweer Moussa was sedert Maart 2007 reeds in polisie-aanhouding vir ’n ander saak wat verband hou met roof en ontvoering in Mei 2006.

In daardie stadium is nog agt mense met laasgenoemde klagte verbind.

Moussa is ook in Oktober 2007 op twee klagte skuldig bevind ná hy vervalste Namibiese dollars gebruik het.

Hy is toe ’n boete van N$13 000 of tronkstraf van sewe jaar opgelê.

Dié tronkstraf het hy in Grootfontein en Windhoek uitgedien, tot hy in verband met die vervalste geld in Junie 2012 vrygespreek is en na die afdeling vir verhoorafwagtendes in die Windhoek Sentrale Gevangenis verskuif is.

Die saak is tot 25 Maart vir voorverhoor uitgestel.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

20 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

20 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

21 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...