Miljoene by bank gesteel

06 March 2019 | Misdaad
Denver Kisting



Teen laat gistermiddag is niemand nog aangekeer vir 'n bankinbraak op Otjiwarongo waartydens bykans N$4 miljoen gesteel is nie.

Dié voorval het vermoedelik Maandag in die vroeë oggendure plaasgevind.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisie­woordvoerder, het gister gesê die onbekende aantal verdagtes het glo toegang deur die bank se dak verkry.

Op kringtelevisiemateriaal in Republikein se besit is minstens twee vermeende bankdiewe sigbaar.

Shikwambi het gesê die verdagtes het die hoofkluis oopgebreek en die toneel met na raming N$3,9 miljoen verlaat.

Volgens haar is niemand nog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Mnr. Richard Meeks, Nedbank se uitvoerende hoof van kleinhandel- en sakebankdienste, het ook gister die voorval bevestig.

Hy het die polisie geloof vir hul vinnige optrede en gesê die bank se veiligheidspan is ten volle ontplooi om hulp met die ondersoek te verleen.

Dié span sal veral gemoeid wees met die ontleding van forensiese bewyse, het Meeks gesê.

Meeks het lede van die publiek wat oor inligting van die voorval beskik, gevra om met die naaste polisiekantoor in verbinding te tree.

Shikwambi het voorts 'n onverwante voorval bevestig waartydens 'n Angolese vrou gisteroggend by die Noordoewergrenspos aangekeer is.

Volgens die polisiewoordvoerder is dié vrou glo met meer as N$100 000 se kontant betrap wat sy na bewering nie aan die doeanebeamptes verklaar het nie.

Hiernaas het die 35-jarige vrou glo ook sowat US$18 000 in haar besit gehad.

Shikwambi sê die verdagte was op reis met haar gesin na Suid-Afrika toe sy omstreeks 04:30 in hegtenis geneem is.

Intussen kon nóg Shikwambi nóg adj.komm. Eric Clay, die misdaadkoördineerder van die Hardapstreek, 'n rooftog op Rehoboth bevestig.

Tydens dié beweerde voorval gister­oggend is 'n man glo van N$25 000 in die dorp se Blok A-buurt beroof.

Soortgelyk

 

Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

6 ure gelede | Howe

Die eens voortvlugtende Charles Namiseb, wat saam met ‘n makker tereg gestaan het vir die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op...

Padgebruik al duurder

12 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

12 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

13 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

23 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

23 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...