Mighty Gunners baas in voorseisoen
Mighty Gunners baas in voorseisoen

Mighty Gunners baas in voorseisoen

Klubsokker
NAMPA
Mighty Gunners het Saterdag as die wenner na vore getree in die voorseisoense vriendskaplike toernooi teen drie hoër ge­rekende klubs wat by die Universiteit van Namibië (Unam) se sokkerveld slaags geraak het.

Unam, African Stars en Black Africa was die ander drie aanspraakmakers.

In die eendaagse uitklopkompetisie het Unam eerste teen African Stars te staan gekom, wat die kragmeting ná 'n valbylstryd met strafskoppe beklink het. Geen doele is in gewone speeltyd behaal nie.

Black Africa is daarna teen Mighty Gunners opgeweeg. Black Africa het 'n vroeë doel afgestaan ná 'n fout deur sy doelwagter, Calvin Spiegel.

Gunners het in die tweede helfte sy voorsprong met 'n tweede doel vergroot en het met die eindfluitjie 'n ontmoeting in die finaal teen African Stars bespreek.

In die eindstryd is opnuut geen doele behaal nie en moes weer na die strafskopmerk beweeg word, waar Gunners met 4-3 geseëvier het.

In die uitspeelstryd vir die derde plek het Black Africa met 3-2 die knoop teen Unam deurgehaak.

Al vier spanne het die toernooi gebruik om hul gereedheid vir die kompende MTC Namibië Premierliga (NPL) te toets.

Unam se afrigter, Ronny Kanalelo, sê hy het nou 'n goeie idee waar versterking nodig is en wat om aan te werk.

“Ons het die tweede wedstryd gebruik vir spelers wat nog altyd belofte getoon het. Sommige van hulle het tevore nie hul talent ten volle gestand gedoen nie,” het hy gesê.

Black Africa se nuwe afrigter, Paulus Shipanga, kon ook die spelers deurkyk wat in die afseisoen by die Leeus aangesluit het.

“Ek wou sien hoe die spelers in­skakel en op my taktieke en spelstyl reageer. Ek is tevrede met wat ek gesien het, maar ons vlak van dissipline was vir my teleurstellend.”

Die Otjiwarongo-klub Mighty Gunners se afrigter, Gebhardt Hengari, sê van sy nuwe aanwinste het algaande beter met sy gevestigde kern begin kombineer.

African Stars se nuwe afrigter, Robert Nauseb, sê die vlak van fiksheid het hom redelik beïndruk gelaat. Ná net drie weke se werk in die voorseisoen glo hy sy span is op die regte koers.

Die eendagtoernooi is ook gebruik om geld vir die Kankervere­niging van Namibië in te samel. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!