Middelklas stres al hoe meer oor hul geldsake
Middelklas stres al hoe meer oor hul geldsake

Middelklas stres al hoe meer oor hul geldsake

Hanlie Stadler – Geldprobleme is ’n enorme bron van stres vir Suid-Afrikaanse huishoudings – en die stres het die afgelope jaar skerp gestyg, ook in middelklas- en welvarende huishoudings, toon Old Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor vir 2019, wat Maandag uitgereik is.

· 58% van huishoudings wat R6 000 tot R13 999 per maand verdien, sê hulle is gespanne oor hul geldsake. In 2018 was dit net-net ’n minderheid van 46%, dus ’n styging van 12 persentasiepunte.

· 51% van huishoudings van R14 000 tot R19 999 per maand verdien, stres oor geld. Dis teenoor net 36% in 2018, ’n styging van 15 persentasiepunte.

· Selfs huishoudings wat R20 000 tot R39 999 verdien, se stres oor geld het van 31% in 2018 tot 42% in 2019 gestyg (11 persentasiepunte).

· Huishoudings wat meer as R40 000 per maand verdien, se stres het van 18% tot 27% gestyg (9 persentasiepunte).

· Die hoogste stresvlakke oor geld, 70% van huishoudings, bly in die kategorie wat minder as R6 000 per maand verdien, 2 persentasiepunte meer as 2018 se 68%.

· Gemiddeld beskryf 50% van Suid-Afrikaners geld as ’n bron van stres, teenoor 40% in 2019 – ’n styging van 10 persentasiepunte.

Die Spaar- en Beleggingsmonitor meet Suid-Afrikaners se finansiële welstand oor ’n breë front. Onderhoude is met meer as 1 000 werkende, stedelike Suid-Afrikaners gevoer vir vanjaar se monitor.

Die grootste rede vir finansiële stres is skuld, met 19% van mense wat “uitermate gestres” is wat sê hulle het te veel skuld.

Op die vraag: “As jy afgelê word of jou werk verloor, sou jy genoeg geld hê om hoe lank te hou?” het nagenoeg ’n derde van respondente in die verskillende inkomstekategorieë gesê hulle het genoeg spaargeld om twee tot drie maande te kan oorleef.

Slegs in die kategorie mense wat R40 000 of meer per maand verdien, kan die meerderheid (55%) drie maande of langer van hul spaargeld leef.

In die lig hiervan is dit dalk nie verbasend nie dat 81% van respondente werksekerheid as baie belangriker beskou as werkstevredenheid. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!