Microsoft kos EOH tot R30 m. se wins
Microsoft kos EOH tot R30 m. se wins

Microsoft kos EOH tot R30 m. se wins

Petrus Malherbe



Die tegnologiemaatskappy EOH is amptelik nie meer 'n ­herverkoper van Microsoft-lisensies in Suid-­Afrika nie.

Dit kan hom tot R30 miljoen in voorbelaste wins kos.

In 'n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê EOH ná 'n kennistydperk van 30 dae het sy kontrak met Microsoft nou verstrek.

Microsoft het glo reeds 'n ooreenkoms met 'n ander, bestaande vennoot aangegaan. Hierdie vennoot is geensins met EOH geaffilieer nie.

Die Amerikaanse tegnologiereus het in Februarie sy jare lange ooreenkoms met EOH beëindig nadat 'n fluitjieblaser die maatskappy by die Amerikaanse Securities & Exchange Commission (SEC) gaan rapporteer het weens beweerde bedrog.

Daar word beweer EOH het op 'n ­onvanpaste wyse 'n kontrak van R120 miljoen met die ­Suid-Afrikaanse ­departement van verdediging aangegaan.

Intussen het Microsoft se filiaal in Ierland ook aangedui hy wil binne 30 dae sy ooreenkoms met 'n “verskeidenheid maatskappye in die EOH-groep” beëindig.

Die filiaal het nie 'n rede verskaf oor waarom die ooreenkoms beëindig word nie.

“Hoewel ons verstaan waarom Microsoft sy eie ondersoek (na beweerde korrupsie by EOH) wil afhandel, is ons teleurgesteld met die eensydige wyse waarop hy die verhouding beëindig het sonder om die impak op Suid-Afrikaanse maatskappye te oorweeg.”

EOH sê hy is steeds in gesprek met topamptenare van Microsoft in Suid-Afrika oor die verreikende impak wat die beëindiging van die ooreenkoms op ondernemings het.

“EOH het verskeie voorstelle aan Microsoft gestuur. Ons wag nog op terugvoer.”

Sodra Microsoft se ondersoek na beweerde korrupsie by EOH oor die volgende ses tot 12 maande afgehandel is, sal daar weer gesprekke plaasvind oor of die ooreenkoms tussen die partye hervat kan word, sê EOH.

In die boekjaar tot einde Julie sal Microsoft se besluit EOH R20 miljoen se voorbelaste wins kos, maar die totale impak sal uiteindelik R30 miljoen wees.

Die maatskappy het ook verlede week die uitreiking van sy tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Januarie met byna drie weke tot middel April uitgestel.

Dit is glo om Megan Pydigadu, die nuwe finansiële hoof, genoeg kans te gee om 'n “finansiële oorsig” af te handel.

Intussen duur die maatskappy se eie interne ondersoek na beweerde ­wanpraktyke ook voort.

EOH se aandeelprys het Maandag met 3% tot die laagste vlak in agt jaar gedaal en verhandel nou teen R13,62.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!