Meyerton-hervestigdes voel verontreg

Oudplaaswerkers sê hulle is in ’n hoekie toegekende grond gedruk, terwyl ‘politici’ die oorblywende grond in hul vrouens se name geregistreer het.
Catherine Sasman
font face="Verdana" >

Catherine Sasman - Plaaswerkers wat al vir sewe geslagte lank op eenheid B van die plaas Meyerton 175 werk en daar hervestig is, beweer pogings word aangewend om hulle, ten gunste van hooggeplaastes, van dié grond af te dryf.

Die Kunene-streekskantoor se grondafdeling het dié boere onlangs op die vingers getik omdat hulle glo die plaas van 1 790 hektaar se drakrag met 434 beeste oorskry het.

Hulle is beveel om die getal vee te verminder óf hulle verloor die plaas.

Die streekskantoor beskuldig hulle ook daarvan dat hulle die eenheid sonder die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, se goedkeuring onderverhuur.

Waarnemings van die streek se grondafdeling is glo gebaseer op ‘n inspeksie wat in Oktober verlede jaar gedoen is, en vyf maande later is dié boere tereggewys.

AGTERGROND

Wyle mnr. Carl List het in 2002 die plase Meyerton 175, Langeleë 363 en Nissen 358 aan die Namibiese regering geskenk.

Die plase is toe in verskillende eenhede opgedeel - van A tot J. Eenheid B is aan die oudplaaswekers op grond van gelyke onverdeelde aandele toegeken.

Aangrensende eenhede is aan mnr. Jona Nelumbu en me. Anastasia Neumbo toegeken.

Vroeg in 2015 het die grondministerie ’n geskil tussen die oudplaaswerkers op eenheid B en Nelumbu ondersoek oor die 2 185 hektaar van eenheid F op plaas Langeleë Pos 2 wat aan Nelumbu toegeken is.

Die geskil spruit uit Nelumbu se klagte dat die oudplaaswerkers sy kampe onwettig betree het, waar hulle glo hul vee laat wei het en strukture opgerig het.

Die ondersoekverslag het aanbeveel dat die plaaswerkers eenheid F verlaat.

NIE WAAR NIE, Sê PLAASWERKERS

Die plaaswerkers betwis die bevindinge en beskuldig Nelumbu en mense van aangrensende plase daarvan dat hulle in die stilligheid op húl eenheid inbeweeg het.

Hulle sê Nelumbu versoek al sedert 2005 om eenheid B se water te gebruik en dat hy sy grense sedertdien verskuif het en hul grond betree.

Die plaaswerkers het oor die jare heen hul klagtes by die grondministerie ingedien waarin hulle beweer die afmetings vir hul grond weerspieël nie waarop hulle in werklikheid geregtig is nie.

Hulle beweer verder dat hulle op sewe verskillende poste op eenheid B hervestig moes word in behuising waarvoor hulle met vroeëre salarisaftrekkings reeds betaal het.

In plaas daarvan is hulle deur “politici” in ’n hoekie gedruk, wat sedertdien die oorblywende grond in hul vrouens se name geregistreer het, terwyl hul huise vervalle geraak het, sê hulle.

"Ons is uit ons huise geskop. Ons is baie ongelukkig oor die omstandighede. Ons sou nie so gesukkel het as die regering ingegryp het nie. Ons is erg bekommerd," het mnr. Arnold Gaeseb gesê, wie se oorlede pa, mnr. Ruben Gaeseb, ’n begunstigde vir hervestiging was.

Die plaaswerkers sê hulle het die kwessie sedert 2003 al herhaaldelik aan die polisie en ander regeringsinstellings gerapporteer - tevergeefs.

Voorts beweer hulle dat die Kunenestreek se grondafdeling weier om vir hulle ’n kaart van die boerdery-eenhede in die gebied te gee. Hulle sê hulle het ook met ’n beampte van die ombudsman se kantoor gepraat, maar ’n lêer oor hul benarde toestand het glo weggeraak.

Die ombudsman se kantoor in Windhoek is nie bewus van die saak nie, omdat ’n dossiernommer nie voorsien kon word om vas te stel wat die saak se status is nie.

“Hulle speel kat-en-muis-speletjies met ons," het mnr. Salmon Awarab namens die plaaswerkers gesê.

“Is daar twee regerings in Namibië? Een ken grond toe en die ander een vat dit weg. Watter een is die ware regering?” het mnr. Elias Khaiseb gevra.

Eenheid B se begunstigdes betwis die onlangse beweringe dat hulle die grond oorlaai het en dat hulle dele van die grond onwettig onderverhuur.



Volgens hulle is die beweerde onderhuurders familielede.

“Dít is hoe hulle ons van die plaas af probeer kry,” het mnr. Claudius Hunibeb, ’n familielid van een van die oorspronklike hervestigde begunstigdes, mnr. Frederick Hunibeb, gesê.

DIE MINISTERIE

Mnr. Gary Nekongo, die grondministerie se adjunkdirekteur in die Kunenestreek, wat ook een van die skrywers van 2015 se ondersoekverslag was, het verlede week gesê “sommige” van die oudplaaswerkers se beweringe is nie waar nie.

Hy het daarop aangedring dat die vermeende onwettige onderhuurders, selfs al is hulle familie van die begunstigdes, nie op die plaas kan aanbly nie, omdat die minister nie vooraf hiervoor toestemming gegee het nie.

Hy het ook geëis die plaaswerkers moet die “minimum vee” aanhou en die oorblywende vee behoort aan die mense aan wie hulle die grond onderverhuur.

“Die probleem met die sewe (geslagte) is dat hulle ander mense betrek het,” het Nekongo gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.23/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 907.32/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.23/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 907.32/OZ DOWN -0.0028