Mexikaanse miljardêr wil Erindi koop

'n Voornemende koper wil Erindi in 'n vlagskipwildreservaat omskep.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die kooptransaksie van die private spogwildreservaat Erindi deur 'n Mexikaanse miljardêr is in sy finale fase.

"Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères (87), 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi se eienaars te finaliseer," lui 'n mediaverklaring van die BAL-groep.

"Die transaksie is steeds onderhewig aan die Namibiese Mededingendheidskommsie vir goedkeuring en ander voorwaardes, maar alle ander regerings- en regulatoriese goedkeurings is verkry en word ten volle nagekom."

Die mede-eienaar van Erindi, mnr. Paul Joubert, het gister aan Republikein gesê "ek is baie opgewonde oor wat vir Erindi en die land voorlê".

Volgens die verklaring is Baillères van voorneme om voort te gaan met Erindi se ekobewaring en die beskerming van sy unieke flora- en faunaspesies tot voordeel van alle Namibiërs en die land.

Alle werksgeleenthede by Erindi word ook verseker en selfs "nuwe en beter betaalde geleenthede sal in die land - direk en indirek - geskep word".

Baillères se doel is om Erindi te verbeter, op te gradeer tot 'n wêreldklas-toeristeattraksie en sy wildlewe te beskerm deur die beste teenstropery- en bewaringsinisiatiewe te implementeer.

Boonop het hy ervaring in die bestuur van verskeie wildbeskermingsplase in verskillende dele van die wêreld.

Baillères se regsverteenwoordiger, mnr. Koos Pretorius van Edward Nathan Sonnenbergs (ENSAfrica), het gesê die koper wil Erindi in 'n vlagskip- private wildreservaat omskep, en enige toekomstige wins sal hoofsaaklik in Erindi herbelê word tot voordeel van toekomstige geslagte van Namibiërs en die wêreld.

OU KUIERGAS IN DIE LAND

Volgens Pretorius het Baillères Namibië al verskeie kere besoek en hy bewonder die skoonheid van die land, asook die gees en hartlike gasvryheid van Namibiërs.

"Baillères het die belangrikheid van sy planne dat Erindi goed deur Namibiërs ontvang word, beklemtoon. Hy het dit van die begin af duidelik gemaak dat hy slegs die aankoop van Erindi sal voltooi indien alle wetlike vereistes ingestel is, en as hy en die belegging wat hy van voorneme is om te maak, deur Namibiërs verwelkom word," sê Pretorius.

"Terwyl Erindi nie geskik sou wees vir boerdery of hervestiging nie, het dit 'n belangrike potensiaal as 'n wildbewaringsgebied. Die koper se planne vir Erindi sal die toerismesektor, werkskepping en vaardigheidsontwikkeling, en natuurlik die Namibiese ekonomie, grootliks bevoordeel."

Nadat 'n saak tussen Erindi en die regering in die hoërhof gedraai het, is buite die hof geskik. Die kabinet het 'n maand gelede gelas die staat kan nie die wildreservaat van 65 000 hektaar bekostig nie.

"Die plase in Erindi is nie geskik vir hervestiging nie en kan ingevolge die wet op hervorming van landbougrond (kommersieël) nie as 'n hervestigingsplaas gekoop word nie," het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, toe gesê.

Erindi was vir bykans N$2 miljard in die mark, maar die Namibiese regering het gemeen dit is N$265 miljoen werd.

Bloomberg het Baillères in 2012 as die 35ste rykste persoon ter wêreld gelys met 'n waarde van US$19,3 miljard. Forbes beraam sy rykdom tans op US$8,3 miljard. Hy het op die ouderdom van 28 jaar ná die afsterwe van sy pa, mnr. Raúl Baillères, die BAL-groep oorgeneem. Die groep besit onder meer die naasbelangrikste Mexikaanse mynmaatskappy en die wêreld se grootste silwerprodusent.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%