Meulenaars in vetkoek-vete

Namib Mills het die hoërhof gevra om 'n stokkie te steek voor Bokomo se verpakking van 'n vetkoekmengsel.
Yanna Smith
Yanna Smith



Namib Mills het Bokomo Namibia vir beweerde onregverdige kompetisie voor die hoërhof gedaag en vra vir 'n interdik om Bokomo daarvan te weerhou om sy vetkoekmengsel in sy huidige verpakking te verkoop.

In sy eedsverklaring voor die hoërhof staaf die kommersiële bestuurder van Namib Mills, mnr. Pieter van Niekerk, die maatskappy se argument oor hoekom die verpakking op onmededingende gedrag deur Bokomo Namibia neerkom.

Van Niekerk beweer Bokomo het bewustelik die ontwerp van sy verpakking gekies “om te baat uit die waarde van die Namib Mills-handelsmerk in Namibië”.

Die meerderheidsaandeelhouer in Bokomo is die Suid-Afrikaanse reus Pioneer Foods, 'n gelyste maatskappy wat verlede jaar meer as R10 miljard in inkomste aangeteken het.

Van Niekerk beweer Bokomo gebruik 'n “beduidende element van Namib Mills se verpakking”.

Hy sê Namib Mills is die grootste graanverwerkingsmaatskappy in Namibië en verkoop mieliemeel, koringmeel en pasta, verpakte rys en suiker.

“Dit word verkoop onder die handelsmerk Bakpro en in veral die kenmerkende verpakking van die produkte,” het Van Niekerk gesê.

Die handelsmerk is sedert 1982 belangrik vir die waarde wat die verbruiker toevoeg aan Bakpro self, en verpakking speel 'n baie groot rol hierin, het hy verduidelik.

“Die verpakking is welbekend en kopers maak hierop staat. Dit het drie integrale eienskappe: Die boonste tweederdes is wit met die handelsmerk Bakpro in die boonste derde; 'n foto van 'n koek of 'n brood is in die middel van die verpakking; terwyl die onderste derde 'n strook in 'n spesifieke kleur is.

“Buiten bruin wat vir die bruinbroodmeelproduk gebruik word, is daar geen verband tussen die produk en die kleur van die strook op die pakke nie.”

Volgens Van Niekerk het Namib Mills navorsing gedoen oor brood- en koekmeel om die perfekte mengsel vir vetkoekdeeg te kry wat die minimum olie tydens die bakproses absorbeer. Dié mengsel is as 'n “vernuwende produk” aan die Namibiese mark bekend gestel. Aangesien dit deel is van die Bakpro-produktereeks, is die verpakking soortgelyk, maar die strook is mosterdgeel.

Van Niekerk voer aan die verkope van Bokomo se koek- en broodmengsel is negatief geraak ná die bekendstelling van die vetkoekmengsel wat uitstekend in die mark gevaar het.

Sedert dit in Januarie 2018 op die mark gekom het, is 42 ton verkoop en teen Augustus het verkope tot 880 ton gestyg.

“Wat ook belangrik is, is dat die nuwe vetkoekproduk verkope direk van Bokomo se witbroodkoekmeel gekannibaliseer het. Namib Mills se personeel het getuig Bokomo was daartoe gedryf om voorraad na aan die vervaldatum teen afgemerkte pryse aan groothandelaars te verkoop. Dit is belangrik, want daar is geen twyfel oor wat Bokomo aangehits het om vetkoekmeel in sy onwettige verpakking bekend te stel nie.

“Daar is verskynsels wat bemarkingsdeskundiges erken as 'n basis waarop verbruikers besluite neem, want dit is die eienskappe wat hul denkprosesse beïnvloed ten tye van die aankoop. Sonder twyfel word dit deur Bokomo erken, en dit is waarom dit die belangrikste elemente van Namib Mill's se visuele bates vir sy mededingende produk gekies het.”

Van Niekerk het ook die bemarkingsveldtogte beskryf waarin Namib Mills belê het om sy vetkoekmeel te bemark.

“Dit is relevant en beduidend dat die bemarkingstrategie gefokus het en steeds fokus op die kenmerkende mosterdgeel.”

Meer as N$1,7 miljoen is op die bemarking van die handelsmerk bestee.

Volgens Van Niekerk verskil die verpakking van Bokomo se ander produkte aansienlik van dié van die Namib Mills Bakpro-reeks.

“As jy dit vergelyk, sal jy sien hoe radikaal die veranderinge is en hoe die nuwe pak verskeie van die kenmerke van die Namib Mills-ontwerp aanwend.

“Ek daag Bokomo uit om die hof in sy vertroue te neem en 'n volle en openhartige verklaring van alle aspekte te gee wat verband hou met die ontwerp van die pak vir sy vetkoekmeelproduk.

“Namib Mills het redelike gronde om te glo dat die ontwerp bewustelik was en in 'n poging om munt te slaan en voordeel uit Namib Mills se reputasie te trek.”

Hy het voorts verwys na “kategorietaal” en gesê beide Namib Mills en Bokomo, saam met ander in die mark, verpak bruinbroodmeel met 'n bruin kleurskema, terwyl die kleurskema vir witbroodmeel blou is.

“Tog is daar geen kategorie wat as vetkoekmeel bekend staan nie.”

Volgens Van Niekerk was daar geen rede om vir Bokomo se verpakking die mosterdgeel te gebruik wat deur Namib Mills gekies is nie.

“Bokomo wat dieselfde ontwerp gebruik het, tesame met sy beduidend veranderde verpakking, kan slegs verduidelik word deur 'n voorneme om voordeel te trek uit die bestaande reputasie van die verpakking van Namib Mills se vetkoekmeelproduk, of om verwarring in die mark te veroorsaak of beide.”

Bokomo het in reaksie gefokus op die tegniese aspekte van die saak.

Mnr. Hubertus Hamm, uitvoerende hoof van Bokomo Namibia, het breedvoerig aan die gebrek aan dringendheid van die aansoek aandag gegee. Hy het Namib Mills daarvan beskuldig dat dié maatskappy die vertragings veroorsaak en bygevoeg “enige waargenome dringendheid is dus deur Namib Mills self geskep”.

Hy het aan die hof gesê Bokomo Namibia is in beginsel nie deel van die verrigtinge nie, omdat dat dit verkeerdelik as “Bokomo Foods” in hofstukke aangedui word. Hamm het na 'n ander saak in die hoërhof verwys waarin die respondent verkeerdelik aangehaal is. Die aansoek is as gevolg van die verkeerde benaming van die respondent met koste van die hand gewys.

Hamm het bygevoeg dit het Namib Mills twee maande geneem om sy eedsverklaring te voltooi.

Hy het ontken dat “onherstelbare skade” veroorsaak sou word en dit as 'n “sterk aantyging sonder enige motivering hoegenaamd” beskryf.

Beide partye het ingestem om veranderinge saam met die aansoek in te dien wanneer dit weer op 13 Februarie aanstaande jaar voor die hof sal dien.

Mnr. Tobias Louw van Theunissen, Louw en Vennote het namens Namib Mills opgetree, terwyl me. Daneale Beukes van Engling, Stritter en Vennote vir Bokomo Namibia verteenwoordig het.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%