Meubelwinkel op Tsumeb ly brandskade

Elvira Hattingh
Nuusredaksie – Gisteroggend is die skade nog bereken by Nictus se tak op Tsumeb ná 'n brand wat Woensdagaand in die gebou, in die dorp se hoofstraat, uitgebreek het.

Volgens 'n mediaverklaring gister deur die Nictus-winkelgroep is die oorsaak van die brand nog nie vasgestel nie. Beduidende skade is egter aan eiendom en meubels veroorsaak.

Ooggetuies meen die brand het waarskynlik in die gebou se stoor ontstaan. Brandbestryders kon die vuur keer voor dit die kantoor- en vertoonarea bereik het, maar alles was swart van die rook en roet.

Die groothandelaar se uitvoerende hoof, mnr. Francois Wahl, en Nictus se takbestuurder op Tsumeb, me. Babie Nel, het hul dank uitgespreek oor elkeen wat 'n rol gespeel het om die brand onder beheer te bring. Dit sluit in lede van die publiek, die buurtwag, die Namibiese polisie, Dundee Precious Metals, Rubicon en die munisipale brandweer.

Die nodige reëlings is getref om so gou as moontlik met werksaamhede voort te gaan. Nictus het sy dank teenoor die publiek uitgespreek vir hul geduld. Die maatskappy het ook takke in Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund en Ongwediva.

[email protected]

FOTO’s VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!