Metro-brand se skade op N$10 miljoen geraam
Kuskantoor - Die skade van die brand wat die sakekompleks van Metro Cash & Carry en Metro Liquor op Swakopmund in die vroeë ure vanoggend (Maandag) in puin gelê word, word voorlopig op N$10 miljoen geraam.
Mnr. Gieljam Visser, takbestuurder, het aan Erwin Leuschner van Republikein se susterkoerant, Allgemeine Zeitung, gesê groot voorraadaankope is in die aanloop na Paasfees gedoen. Hy bereken voorlopig dat verliese by N$10 miljoen kan draai.
Die brand het omstreeks 03:00 ontstaan, berig Des Erasmus.
Dit is die tweede sakeonderneming wat in minder as 'n jaar op dié kusdorp deur 'n brand verwoes word. Dolphin Pharmacy het in Augustus verlede jaar afgebrand.
Foto: Anneli Erasmus

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie