Met tellingraai is dié twee Superwenners!
Die egpaar Carl (regs) en Claudia van der Merwe van Windhoek het die bonusprys van N$10 000 in vanjaar se Superrugby-tellingraaikompetisie van MultiChoice Namibia (MCN) en Republikein losgeslaan.
Hulle het 'n bykomende N$3 000 van MCN en nog N$1 000 van Republikein ontvang as oorstaanprysgeld wat nie vanjaar aan weeklikse wenners toegeken is nie.
Die twee sê hulle gaan die wengeld gebruik om vir 'n naweek uit die hoofstad weg te breek.
Claudia en Carl het weekliks koppe bymekaargesit om hul tellings vir die kompetisie te raai.
Buiten vir die bonusprys is 27 deelnemers in vanjaar se kompetisie beloon. Wenners was afkomstig uit Windhoek, Swakopmund, Keetmanshoop, Groot-Aub, Walvisbaai, Rehoboth, Lüderitz, Otjiwarongo, Okahandja, Tsumeb en Hentiesbaai.
Ons bedank almal vir hul deelname en MCN vir sy borgskap ter waarde van N$20 000.
Op die foto ontvang die Van der Merwes hul prysgeld en 'n DStv Explora-dekodeerder van mnr. James Clinning (links), MultiChoice Namibia se verkoopsbestuurder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie