Met 'n Huey oor die duine
Tanja Bause - Wêreldwyd is net 28 Huey-helikopters wat in Florida in Amerika gemoderniseer is.
Namibië besit twee wat tydens die vakansieseisoen aan die kus saam met ''n Cayuse-helikopter bekend as Little Bird, sowel as ’n Bell-langafstandhelikopter sal diens doen.
Die helikopters sal gereed staan om nooddienste aan besoekers te bied, terwyl vakansiegangers ook die geleentheid sal hê om vir ''n rit van 20 minute die prag van die duine en see vanuit die lug te aanskou.
“Ons kan die Huey binne minute in ’n ambulans-helikopter omskep wat tot ses pasiënte kan vervoer,” het mnr. John Fidler van HeliXtract Namibia gesê, die maatskappy waaraan die helikopters behoort.
Die helikopters kan voorts gebruik word om paramedici na ongelukke te vervoer. Twee stralers van dieselfde maatskappy sal voorts gereed staan om noodgevalle na Windhoek te vervoer. Die twee stralers is ook toegerus om hoësorg- sowel as kraamgevalle te hanteer en ook pasiënte na Suid-Afrika te vervoer, sou dit nodig wees.
Die Bell UH-1 Iroquois, beter bekend as die Huey-helikopter, is in die 1950''s in die VSA gebou. Meer as 7 000 is tydens die Viëtnam-oorlog ingespan en gebruik om soldate en vrag te vervoer, asook vir mediese ontruimings en lugaanvalle. Baie van die helikopters is vandag hoofsaaklik in gebruik in die weermag, maar word ook vir burgerlike gebruik aangewend. Die Huey word voorts gebruik vir die verskaffing van humanitêre hulp, asook vir brandbestryding en soek- en reddingspogings.
Die twee Huey’s wat vanaf vandeesweek tot 7 Januarie by die kus diens doen, is baie skaars omdat hulle gesertifiseer is om passasiers sonder beperkings te kan vervoer. Gedurende die modernisering van die helikopter is net die raamwerk van die oorspronklike helikopters gebruik, waarna dit omskep is as ''n ''nuwe'' helikopter wat nog geen vliegure op die klok het nie. Geen militêre parte is gebruik nie.
Die helikopters staan vir hul tyd aan die kus op die Swakopmundse lughawe. Geen ouderdom- of gewigsbeperkings geld vir ''n rit met die Huey''s nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie