Met 'n groot baard kom groot verantwoordelikheid
Twee Namibiërs maak organiese baardolie en manlike skoonheidsmiddels van eg Namibiese produkte.
Tanja Bause - Wat begin het as 'n stokperdjie het vinnig in 'n besigheid verander wat tans besig is om meer en meer gewild te word en selfs in Duitsland verkoop word.
Mnre. Marco Peters en Paul Scheepers het aan die begin van die jaar begin om met olies en geure te eksperimenteer om self in Namibië baardolie te vervaardig.
“Ek het die produk uit Suid-Afrika gebruik, maar dit is baie moeilik om dit plaaslik te kry. Ek het op die internet na 'n resep begin soek en ons het begin om dit self te maak,” het Peters gesê.
Die olie wat in al die produkte gebruik word, kom van die jojobaplant wat in Swakopmund gekweek word.
“Alles wat in ons produkte gebruik word, word in Namibië aangekoop. Ons meng die olies self, vul dit in bottels, plak die plakkers op en verpak die produk. Ons produk is 100% organies en 100% handgemaak in Namibië,” het Scheepers gesê.
Hulle het lank na die perfekte naam gesoek, want dit moes Namibies wees, maar ook in Engels sodat toeriste dit kan verstaan. Hul slagspreuk is ''Met 'n groot baard kom groot verantwoordelikheid''.
Op die oomblik is daar twee soorte baardolie op die mark waarvan die een met sederhoutolie en die ander een met bergamotolie gegeur is. Hulle beoog om nog twee soorte baardolies te vervaardig.
“Dit is belangrik dat 'n baard versorg met word. Die baardolie hidreer en voed die haarfollikels. Dit voorkom gesplete hare en maak die baard sag en boonop ruik die baard ook lekker,” het Peters gesê.
“Ek het onlangs begin om 'n baard te kweek en die baardolie neem die jeuk weg,” het Scheepers gesê.
Hulle het 'n geskenkpak wat olie, sjampoe, opknapper en twee kammetjies insluit. Die produkte is verpak in 'n houtboks wat ook plaaslik in Windhoek gemaak word. Die produkte kan ook individueel gekoop word.
“Ons het aanvanklik gedink dat dit net 'n stokperdjie gaan wees. Ons het van ons vriende die produk gegee om te toets en toe word ons deur winkels genader wat die produk wil verkoop. Selfs uit Duitsland uit het 'n man wat 'n aanlyn winkel het ons genader. Hy verkoop produkte uit die hele wêreld en is op die oomblik ons beste verkoper wat die grootste bestellings by ons plaas,” het Peters gesê.
Maar vir die mans gaan dit nie net oor wins maak nie. Hulle skenk ook 'n persentasie van hul wins aan ISAP (Intelligence Support Against Poaching).
“Ons het gesit en gesels en gedink voordat ons te gewoond raak aan die geld dat ons graag aan 'n organisasie wil teruggee. Ons het besluit om 'n persentasie van ons verkope aan ISAP te skenk omdat hulle 'n Namibiese organisasie is wat vir alle diere omgee,” het Scheepers gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie